Luister:  Griekwagebed  – Die dominee ennie syper

Stiltetyd-6.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Die dominee ennie syper

Lukas 18:9–13

En eendag was da twee manne gewas,
’n dominee enne skelm syper.
Die dominee het oppie preekstoel gebid:
“Jirre, dankie lat ekkie korrup issie,
of sleg sos hierielike syper nie.
Ek werk vi U en ek bid elke dag.”

Ennie syper het vorie kjerk gebly staan
en oppie grond gekyk, toe skop hy die gras:
“Jirre, wees my, armlike sondaar, genadag.”

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.