Luister:  Griekwagebed – Psalm 117 en Johannes 3:16

IMG_0056-2 - Copy.jpg

Foto: Namakwa Toere

Psalm 117

Prysig die Jirre, allie nasiese, kom prysig Hom,
bring in jille se kele in ‘n liedjie saam, en kom,
want die Jirre se liefde isse skylte vi jou,
en tot byrie ewaglikeit staat Hy se trou.
 

Johannes 3:16

So lief het die Jirre die hele mense gehet
lat Hy nou Hy se Kjent gekom gestier het
solat dies wat in Hom glo en vi Hom bid,
vi ewag innie hoge jimmel in kan gat sit.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.