Psalm 130
Ytie putse yt staat skrou ek U se Naam,
hoor tog dié stem mettie ellende saam.
Lyster nou net hoelat ek vi U sit smeek,
Assie ellendese oor my ou siel staat breek.
As my sondelikeit in U se gedagtes bly,
sal ek dan nog by U al my lewensdage kry?
En as U vi ons nie verjewe,
Wie sal tot more toe nog lewe?
Ek sal nou nog langerder op U wag
assie skawagterse oppie vroeë dag.
Die Jirre sallie Griekwavolk velos,
want Hy se viertjie kokie siel se kos.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.