Luister:  Griekwagebed  – Skoon woorde

murasie_karoo_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Skoon woorde

Psalm 12

Hille sit lieg oener mekaar,
en hille goi storiese rond.
Die Jirre sal hille se lippe slyt,
tonge wat spog, dié sny Hy yt
as hille sê: onse tonge is sterk,
onse lippe loop saam met ons,
want dasie ’n baas oor onsie.

Nou kom sêrie Jirre: “Vi jille wat so ly,
sal Ek opstaan, dies wat soek, sal My kry.”
Die Jirre se woorde is skoon woorde,
skoon sos silwer wat ytie vier yt kom.

U sal ons tenie bendes beskerm,
al slyp hille sosse honger hond
agter ons in donker strate rond.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.