Luister:  Griekwagebed – Spreke van Salemo

aalwyn_griekwa_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Spreke 1:8-9

my kjent, lyster die lesse wat jou pa jou gjee,
en onthou die goeterse wat jou se ma jou sit leer:
die gat jou nou mooierder en mooierder kan lat worre
sos kraletjiese om jou se nek en boegoe byrie deer

 Spreke 6:6-7

 lye mens, loop sit kyk nou virrie miere,
en jy sal sien hoelat hille kan werk vi iere,
sonner om te eer ‘n wagter of voorman te het,
en dan loop leer jy nou ok hille se maniere

Spreke 10:1

my kjent, kom sit lyster jy nou vi my:
‘n deetlike kjent maak hy se ouerse bly,
marrie dwarstelike ene, nee, hierielike kjent
sal mette mes hulle se harte nog stikkend sny

Spreke 10:26

sossie bitterlike alwyn se sap teen jou se tanne
ennie brandrook innie oge al keer jy mettie hanne,
so issie ly mens wat elkere dag net innie son wil sit
assie deetlikes vi hom jelp vra met hille se planne

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.