Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (Psalm 121:5, 7-8)
Ons staan hier op die vooraand van ’n nuwe jaar; ’n nuwe jaar vol nuwe uitdagings en geleenthede.
Niemand van ons weet wat die toekoms inhou nie. Vir sommige mense sal dit droefheid inhou, vir ander weer ongekende vreugde. Vir sommige mense sal dit die einde beteken van ’n finansiële gesukkel, en vir ander sal die einde nog nie in sig wees nie. Baie mense sal nuwe lewentjies verwelkom en ander sal met groot hartseer geliefdes aan die dood moet afstaan. Ons weet eenvoudig nie wat vir ons wag nie.
Ons kan egter van een ding seker wees, en dit is dat God saam met ons is. Hy sal ons beskerm teen gevaar en ons veilig hou, nou en vir altyd.
Of die nuwe jaar nou vir jou vreugde of hartseer inhou, God is saam met jou. Moet nooit sy hand los nie, bly by Hom en weet Hy is jou God. Hy is by jou en sal jou nooit verlaat nie.
Baie dankie vir hierdie stukkies elke dag, soms in ons besige dag kom ek by die werk sonder om bybelstudie by die huis te doen.
Dis wanneer ek dan my tyd benut om dit dan te doen
Hou so aan