Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (Filippense 1:21)
Jesus het net drie jaar gehad om sy lewenstaak te voltooi. As ons dink aan hoe gou drie jaar in ’n gewone lewe verbygaan en hoe min ons dikwels het om daarvoor te wys, sal ons besef wat die grootte en kwaliteit van daardie karakter moes gewees het. Ons sal in verwondering staan oor daardie lewe wat in so ’n ongelooflike kort tyd so ’n diep en onuitwisbare indruk op die wêreld gemaak het, en aan die mensdom so ’n erfenis van waarheid en invloed nagelaat het. ~ James Stalker
Dankie, Jesus, vir ons erfenis as Christene. Help ons om die rykdom daarvan aan die volgende geslagte oor te dra. Amen