Gedagte vir die dag: Ontspan gereeld

Vroue_gelukkig_berg_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie. (Psalm 39:7)

Ons moenie besig-wees verwar met dinge bereik nie. ’n Dagbeplanner wat te vol is, weerspieël dalk juis ’n gebrek aan verstandige prioritisering. As jy te besig is, het jy nie tyd om enigiets goed te doen of die resultate van jou werk te geniet nie.

Ononderbroke aktiwiteit sonder werklike doelwitte sal jou energie tap en jou gefrustreerd en met ’n gevoel van sinloosheid laat.

Hoe dikwels sê jy jy is te besig? Wat kan jy doen om dit te verander?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.