Gedagte vir die dag: Reik uit

paartjie_gesels_uitsig_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red. (Jesaja 46:4)

Die God wat jou gemaak het, bewys sy sorg vir jou deur jou te beskerm en vir jou te voorsien. Jy kan God se sorg met ander deel deur vir hulle te doen wat God vir jou doen. Jy kan mense beskerm deur vriendelikheid, hulpvaardigheid en gewilligheid om uit te reik.

Jy kan ander help deur van jou tyd, jou hulpbronne en talente met hulle te deel. Jy kan verder help deur vrede te handhaaf deur jou woorde en jou optrede.

Is daar iemand wat deur God op jou pad geplaas is wat vandag jou sorg nodig het?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.