“Dit beteken dat ons talentvolle en passievolle kollegas moet groet wat deel was van ons sukses.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 Maart 2023
Munisipale voertuie in Rustenburg staan sonder petrol
Eenheidsbestuurders het laat weet hulle sukkel om hul brandstoftenks vol te maak om te reageer op basiese diensleweringbehoeftes soos om water- en rioollekkasies en kragonderbrekings te herstel of vullis te verwyder.
Twee verdink van moord op verkeersbeampte
“Die oorledene en sy vriendin het in ʼn geparkeerde motor gesit toe gewapende mans uit die bosse op hulle afgestorm het.”
ANC-LP se moordsaak uitgestel
Die ANC-parlementslid Sibusiso Kula (34) word verdink van die moord op sy vrou Jennifer.
Jazz-sangeres Gloria Bosman oorlede
Een van die land se grootste jazz-sangeresse, Gloria Bosman, is Dinsdag in die ouderdom van 50 oorlede.
Video’s: Sikloon Freddy eis nog lewens in Malawi
Oorlewendes het in ongeloof gestaan en kyk na die verwoesting om hulle, met huise en strukture wat in die vloedwater meegesleur is. Skole bly tot Maandag gesluit.
‘Mobiele kragbronne’ onttrek oor brandgevaar
Die geraakte toestelle het ʼn vervaardigingsfout in die battery wat die moontlikheid veroorsaak dat dit spontaan aan die brand kan raak en smelt wanneer dit laai.
Proteas wil Windies met aggressie troef
Met die Wêreldbeker-toernooi net ʼn paar maande weg sal elke speler in die groep die afrigters met sy vertoning wil beïndruk.
Sakeman sterf ná aanranding in kuierplek
ʼn 19-jarige man is ná Hannes van Dyk (59) se dood in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: Kom vier fees saam met die Here
As daar een plek is waar ons hartlik, spontaan en luidrugtig kan fees vier, is dit tydens die samekoms van die kinders van die Here.
Gru-bewerings oor hospitaal toe die waarheid
Luidens ʼn verslag oor die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal is die hospitaal ʼn vuil en onveilige plek, met te min en verouderde hulpbronne en ʼn tekort aan personeel.
Pumas het weer Curriebeker-drome
“Daar moet egter nog baie water in die see loop vóór die eindstryd op 24 Junie en ons kan nie bekostig om konsentrasie te verloor nie.”
Tieners buite Loftus aangeval, beroof
Een van die agt mans het glo ook ʼn mes teen die 16-jarige leerder van Hoërskool Waterkloof se keel gedruk.
Is Hyundai se opgeknapte Venue die sous werd?
Die B-sportnutsvoertuigsegment bars tans uit sy nate. Hyundai het onlangs sy Venue vernuwe, en ʼn reeksleidende N-Line bygevoeg.
Terug op fase 3 en 4
Herstelwerk aan die beskadigde torings by die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek is in die afgelope 48 uur voltooi.
Vliegtuig veilig verklaar ná bomdreigement
Die vliegtuig het laatoggend op die OR Tambo-lughawe geland.
Landwye betoging: Wees eerder voorbereid
Die Stad Kaapstad het hom reeds tot die hof gewend in ʼn poging om deelnemers aan die beoogde EFF-betoging te dwing om hulle te gedra.
OB hoor eers later oor hofaansoek
Die parlement se artikel 194-komitee meen dit is nie in openbare belang om die verrigtinge van die ondersoek te vertraag nie.
Baba ontvoer tydens huisroof
Die verdagtes het die huis betree en selfone gebuit voordat hulle die babaseun gegryp en gevlug het.
Eskom tree ‘proaktief’ teen korrupsie op
Eskom is in die proses om bedrog en korrupsie binne sy geledere uit die weg te ruim deur die aanbevelings in te stel wat die Zondo-kommissie na staatskaping gemaak het.