Landwye betoging: Wees eerder voorbereid

Die landwye protes-aksie word vir Maandag beplan. (Foto: Refentse Motale/Twitter)

Die veiligheidsmaatskappy Fidelity waarsku in ʼn opsomming oor die beoogde landwye betoging komende Maandag dat dit kan lei tot ontwrigting op paaie, afwesigheid by die werk en openbare geweld en plundery.

Die maatskappy stippel in ʼn dokument moontlike scenario’s uit wat Maandag landwyd verwag kan word. Dit sluit in die versperring van nasionale paaie, vragmotors wat voorgekeer word en tot die vertraging van aflewerings kan lei, hawens wat tot stilstand gebring kan word en openbare vervoer wat moontlik ontoeganklik gaan wees.

Moontlike ontwrigting aan die openbare vervoerstelsel kan dan aanleiding gee tot grootskaalse afwesigheid by die werk, terwyl werkers wat reeds aangemeld het, dalk kan sukkel om weer by die huis te kom.

“Betogers kan dalk mense intimideer of fisiek aanrand op pad werk toe omdat hulle nie aan die nasionale protes-optrede deelneem nie. Betogers kan moontlik skade aan geboue aanrig en die plundering van winkels is ʼn moontlikheid.”

Die maatskappy waarsku ook dat voertuie met klippe bestook kan word, terwyl ANC-lede dalk kan aanstoot neem deur die EFF se oproep dat pres. Cyril Ramaphosa moet bedank. Dit kan lei tot botsings tussen lede van die partye.

Provinsies wat volgens Fidelity se ontleding na verwagting beslis geraak gaan word, sluit in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die Noord-Kaap is die onwaarskynlikste om deur te loop.

Die maatskappy beveel aan dat voorsiening gemaak word vir werkers wat dalk nie by die werk kan uitkom nie, proaktiewe ontplooiing van brandbestrydingstoerusting, behoorlike kommunikasie tussen huurders en verhuurders, voorsiening vir noodsaaklikhede soos kos en water en ʼn oorweging om bykomende veiligheidspersoneel te ontplooi.

Die burgerregtegroep AfriForum sê hoewel die polisie bevestig het dat sy lede nie aan die betoging gaan deelneem nie, gaan hulle nie daarop staatmaak nie. Jacques Broodryk, die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, sê hulle sal hul gemeenskapstrukture daagliks op die hoogte van die jongste verwikkelinge bring sodat mense behoorlik voorbereid kan wees.

“Dit help nie om emosioneel te reageer nie, want dit het negatiewe gevolge. Die protes-optrede is ʼn werklikheid en ons kan dit nie verhoed nie. Hanteer die betoging op ʼn logiese, beplande en beheerde wyse,” sê Broodryk.

Studente wil ook opruk

Die studenteraad van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is die jongste organisasie wat sy lede gevra het om by volgende week se protesoptrede aan te sluit.

“Studente moet by die landwye betoging aansluit, want onder Ramaphosa is werkloosheid op die hoogste vlak ooit,” lui die oproep aan studente.

“Op 20 Maart sal UKZN sluit en geen akademiese bedrywighede sal plaasvind nie.”

Stappe teen beoogde protes

Die Stad Kaapstad het Dinsdagoggend ʼn hofaansoek ingedien teen enige pogings om deelname aan of aanhitsing tot plundering, vandalisme en ontwrigting as deel van die EFF-optrede te stuit.

“Die stad beoog om Maandag heeltemal oop te wees vir sake,” sê Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad.

“Almal het die reg op demokratiese protes in Suid-Afrika, maar dit is ondemokraties en onregmatig om te dreig dat openbare lewe tot stilstand gebring gaan word of vir sakeondernemings om hul deure te sluit of ernstige gevolge te dra.”

Die stad se hofaansoek is ʼn poging om organiseerders en deelnemers van die optogte te dwing om binne die raamwerk van die wet te bly en hulle toe te laat om na die parlementsgebou op te ruk om hul memorandum van eise te oorhandig.

“Die interdik is ook ʼn ferm kennisgewing dat die stad nie sal huiwer om ʼn siviele eis teen die EFF in te stel, sou enige van sy openbare infrastruktuur beskadig word nie.”

Hill-Lewis waarsku dat diegene wat ontwrigting probeer veroorsaak in hegtenis geneem sal word.

Die stad erken die reg op demokratiese protes, maar dit sluit beslis nie boewery wat gemik is op die terrorisering van burgers in nie.

DA-leier John Steenhuisen sal intussen Dinsdagoggend regstappe bekend maak teen die EFF se beoogde betoging, asook maniere om Suid-Afrikaners te bemagtig om enige EFF-lid aanspreeklik te hou vir enige en alle skade wat aan private of staatseiendom aangerig word.

“As die ANC-regering nie wil ingryp nie, sal die DA dit doen,” sê Steenhuisen.

“Dreigemente van geweld, intimidasie en vandalisme deur die EFF voor die party se beoogde landwye betoging plaas die welstand van Suid-Afrika se reeds mank ekonomie in gevaar, asook die lewe en inkomste van Suid-Afrikaners.

“Daar kan nie van wetsgehoorsame burgers verwag word om hul sakeondernemings, hul inkomste en hul kinders se onderrig op die altaar van die EFF se boewery op te offer nie.”

Die politieke ekonoom Ismail Lagardien het die afgelope week in Daily Maverick ook gewaarsku indien die betoging wel suksesvol is – hoe dít ook al gemeet word – moet dit beskou word as ʼn oorwinning vir vrees en intimidasie, die swakhede van die staat en die ondoeltreffendheid van ʼn gebroke polisiediens.

“ʼn Enkele vraag moet aan die EFF-leiers gestel word: ‘As die landwye betoging so ʼn goeie ding is, en ʼn nodige stap tot ʼn beter samelewing, waarom is daar die behoefte vir dreigemente van geweld?’”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Althes ·

Indien die EFF nie sy lede kan beheer nie, moet EFF vir die skade betaal. Dis mos húl betoging en inisiatief, so wees geldelik verantwoordelik ook.

Tipper ·

Goeie dag dierbares, ek wil dit so sê want dit klink beter in Engels, (this country has become a place of plunder and it is beyond repair), ek sien ook nou al vir n báie lang tyd GP karre hier in die Kaap.

melaney ·

Ek ry in die Kaap rond met ‘n GP kar. Ek is jou goedgesind. Jy moet eerder versigtig wees vir die busse vol gepeupel wat nou in die Kaap aankom.

Vonkprop ·

Hier ry ook baie CA, CAA, NC, EC en L karre in Gauteng rond so wat nou?

B-Man ·

‘n Mens kan nie logika gebruik en dink die EFF gaan beredeneerd oorweeg en ingeligte besluit maak nie. Hulle ken net geweld, soos ‘n boelie. Sal omdraai en weghol na die eerste teken van weerstand.

melaney ·

B-Man jy slaan die spyker op sy kop. Jammer daar is nie baie meer wat soos jy redeneer nie.

Johann ·

En die polisie? Neem aan hulle weet ook van die komende anargie? Het Cele ‘n plan? Of is dit wat voorspel word deel van sy plan?

Brombeer80 ·

Die EFF kan geen standpunt maak sonder geweld aan die mense van die land en hulle eiendom nie. Die probleem is hulle is n minderheidsparty wat nie aan die bek geruk word vir die onmim wat hulle saai en wil saai nie. DA, vat hulle vas. Ons as burgers van die land is moeg sie en sat vir partye en regeringstelsels wat nie daar is vir vir sy mense nie.

Witbaard ·

DA gaan niks kan regkry nie, trouens, geen politieke party sal hulle keer nie, want hulle is wetteloos.

Manie ·

Hierdie gaan ook ‘n belangrike karakter toets vir Jan Alleman wees om te sien of die publiek gaan saamstaan teen openbare terrorisme en of hulle dit summier gaan aanvaar.

jou gewete ·

klaar die toets gedop, kruip alreeds by cyril en kie om hulp

annie ·

Peace loving, nogal… Die probleem is dat daar nie geld is vir nog lekkertes tensy ‘n klomp afgedank word nie en dan is daar nog stakings. Die slang het sy kop ingesluk en nou sit die kop met homself opgeskeep. Om weer terug te beweeg is nie moontlik nie want die res is reeds opgevreet en verteer. Wat nou gaan gebeur is te erg vir woorde. Cyril gaan sekerlik weer oorsee en Cele is op siekverlof weens die glo Kaapse maaggriep-epidemie.

Aai ·

Hulle kan maar lekker dans meeste plekke toe vir langnaweek.????

TruthDealer ·

Die Amerikaners het n massiewe aandeel in dit waarmee ons vandag sit in hierdie hool. So hulle moet maar liewer net stilbly.

Faraway ·

Wat my stomslaan is, na al die dreigemente & waarskuwings . . . Waar is ons President, hoekom spreek hy nie die Land toe en sê wat hulle gaan doen om dit te” beheer” Maandag nie . . . of gaan hy landuit wees?

Daar is 6 dae oor en niks word gesê of gedoen nie en intussen word dreigemente groter! Hof interdik gaan NIKS verhoed nie . . . Dis soos olie op die vuur

melaney ·

Faraway .. na ek jou kommentaar gelees het, dink ek aan die engelse kinderstorie “The king is in his counting house, counting out his money.” En dit is presies waar ramaphosa hom sal bevind. Hy steur hom al lankal nie meer aan hierdie land se probleme nie.

jou gewete ·

watter president, ons het n anc leier maar geen president nie

Pietie ·

Dis vir my net snaaks dat die aanhitsing tot geweld nie stop gesit word nie en dat die wat dit aanhits tjoekie goe gaan nie. Diegene wat hulle tot geweld wend moet verantwoording doen. Mense keer terug na God.

SwartBees ·

Vir wat hulle beplan het ek respek. Die manier hoe hulle dit doen het ek GEEN respek.

jou gewete ·

ek sal nie se vir wat hulle beplan het ek respek maar baie van waaroor dit gaan is absoluut waar

Martin ·

Baie jare gelede tydens menslike evolusie was daar stamme wat hoofsaaklik in klein jagter-versamelaarsgroepe gejag het toe beskawings nog geskep was. In sekere lande van die moderne heedendaagse wêreld soos ons dit almal ken sal demokrasie nie werk nie omdat tribalisme nog steeds toegepas word waar leiers sekere stamme organiseer en beheer volgens ‘n stamlewenswyse. Suid Afrika is ‘n tipiese voorbeeld waar tribalisme onder sekere gemeenspappe streng toegepas word en as gevolg van dit het ons nie demokrasie nie maar ’n toestand van ‘n georganiseerde stamlewenswyse waar jy nie vooruit hoef te beplan nie maar lewe van dag tot dag van die hand tot die mond en die norm so aanvaar word omdat jou ouers, en hulle ouers en hulle ouers voor hulle dit so gedoen het.

Esme ·

Ek lees dat dit ‘n basiese mensereg is, om opstandig te wees en jou frustrasie uit te leef. My frustrasie is dat ek ook mense regte het – waarom mag ek nie my regte uitleef nie?

Johan ·

Kom ons trek die “rooi” skoen aan die ander voet, is julle, die EFF voorbereid ?

Vrede & vreugde

Mariana ·

Julius stook sy EFF op en spoor hulle aan tot geweld. Terrorisme kom in baie vorme. Hy waarsku vooraf wat hulle gaan doen en dan verwag hy dit moet gebeur. Hulle weet nie van vreedsame betogings nie, daar is altyd geweld en Maandag gaan dit maar weer so wees. Hoekom is hy nog nie agter tralies nie, hoekom is almal so bang vir hom………..hy dink reeds hy is onaantasbaar want hy kom weg met alles.

jou gewete ·

jy weet mos anc betig nie sy kadawers en tree nie teen hulle op nie. eff is die sagmakers

Piet parys ·

Waarom nog vir die karakters media dekking gee . Wat sê die stadsrade ten opsigte van plakkate wat die hele wereld vol gehang word . Is dit toelaatbaar of maak die rooi berei ‘s net wat hulle wil

LANA is ELANè ·

Dit is net in Afrika waar die Malemas die groenlig tot anargie, plundering en diefstal kry en alle politici doodeenvoudig die onderwerp vermy, eerder as om ten hemele te skree dat hierdie ñ terrorisme aanval op demokrasie is en so behandel hoort te word. Ek kan nie glo ons almal is in afwagting oor wat die rooipette nou weer gaan aanvang om aandag op hulle te vestig, sonder enige ingryping.
En daar vir besigheidseienaars gesê word om maar eerder hul kantore te sluit en te hoop dit loop nie deur onder plundering nie.
Hierdie is net om hardwerkende mense te tart en pouvere te wys en omdat hy dit nou regkry gaan Oktober se optrede nog groter wees, want hy het dan nou die groen lig gekry met die regering en politici se stilswye.

Eden ·

Larardien is reg. Intimidasie gaan wen, aangesien die polisie nie daar gaan wees om die geweld te stop nie. Ek hoop die winkels en kantore bly oop en gee nie in nie. Ek gaan maar werk toe Maandag.

Papsak ·

Klap hierdie keer vir malemma en sy kaders aan hulle flip alles mos op om hulle sin te kry nee man so kan dit nie aan gaan nie wys hom ook n bietjie regtig pluk by

Jaco ·

Dié shutdown aksie van die EFF is vir my goeie nuus, want solank die EFF van die ANC verskil, al is dit nou ook oor die kleur van die parlementsgebou se toilette, word onteiening sonder vergoeding uitgestel. Wees verseker, wanneer die EFF en die ANC mekaar eendag ten volle “vind” en onteiening sonder vergoeding begin, gaan die huidige nag wat beurtkrag is soos ‘n Sondagskoolkonsert lyk.

jou gewete ·

dit gaan beslis in volle swang wees voor volgende jaar se verkiesing, anc moet seker maak van meerderheid

jou gewete ·

wil ek ook weet maar antwoord bly ons vorder. die tyd is reg daarvoor

efjy ·

Hoe lank gaan ons nog deur ‘n president gefaal word en dit maar net aanvaar?

Rooi rissie ·

Die EFF rooi baretts doen net die ANC se vuil werk hulle maak seker die ANC bly aan bewind dis al hoekom die EFF bestaan!! Voertsek ANC met julle rooi EFF BARETTE!!!

Lubbe ·

En daar buig die hele land die kniee vir die rooi span. En hulle gaan soveel mense oor wen. Hier is moeilikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.