Baba ontvoer tydens huisroof

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie in Chatsworth, KwaZulu-Natal, het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn twee maande oue baba wat Saterdag tydens ʼn huisroof in dié nedersetting ontvoer is.

Die gemeenskap se hulp is ook ingeroep om met die soektog te help.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het twee verdagtes die huis in Welbedacht West in Chatsworth betree en selfone gebuit voordat hulle die babaseun gegryp en gevlug het. Een van die mans het ʼn vuurwapen in sy besit gehad.

Die motief agter die rooftog en ontvoering is in hierdie stadium nie bekend nie.

“Die polisie ondersoek nog die saak,” bevestig Netshiunda.

Enigiemand met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan kapt. Mthembu Mclaren by 082 567 4188 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Ons sal nie die polisie kan help met so min feite oor die kriminele nie,die media mag nie die feite gee soos dit is nie en ons weet nie hoekom .

Rooikoos ·

Presies. Moet ons op die uitkyk wees vir ‘n groen marsman met rooi skoene en ‘n laserstraal as wapen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.