Nog sowat 10 000 hul poste kwyt by Facebook

Mark Zuckerberg, stigter en hoof van Facebook. (Foto: Mandel Ngan/AFP)

Facebook-eienaar Meta het Dinsdag nog ʼn rits afleggings aangekondig. Uitvoerende hoof Mark Zuckerberg sê dit is deel van die maatskappy se “jaar van doeltreffendheid” terwyl die Amerikaanse tegnologiebedryf voortgaan met afleggings.

Zuckerberg het in ʼn e-pos aan werknemers gesê Mega gaan oor die volgende paar maande sowat 10 000 poste besnoei – spesifiek middelvlakbestuur. Altesaam 5 000 ander poste sal nie gevul word nie. Die afleggings volg ná 11 000 poste in November deur die maatskappy besnoei is.

“Dit gaan moeilik wees en daar is geen ander manier nie. Dit beteken dat ons talentvolle en passievolle kollegas moet groet wat deel was van ons sukses,” het hy bygevoeg.

Die eerste slagoffers sal Meta se werwingsdepartement wees, aangesien die maatskappy amptelik ʼn einde bring aan nuwe aanstellings wat plaasgevind het toe tegnologiereuse aan die aanvraag tydens die pandemie moes voldoen.

Tegnologie- en sakedepartemente sal daarna aan die beurt kom en, “in ʼn paar gevalle sal dit tot die einde van die jaar duur om die veranderinge af te handel”.

Zuckerberg het in Januarie gewaarsku dat nog afleggings op die boeke is toe hy aan analiste gesê het die maatskappy se bestuurstema vir 2023 is die “jaar van doeltreffendheid” en dat hy daarop gaan fokus om die maatskappy “sterker en meer veerkragtig te maak”.

Meta het ʼn rowwe 2022 beleef te midde van ʼn verswakte ekonomiese klimaat. Adverteerders het beperkings geplaas op hul bemarkingsbegrotings en Apple se privaatheidsverstellings het die moontlikheid vir pasgemaakte advertensies verminder.

Die maatskappy is ook onder druk om ʼn kans te waag met die Metaheelal, die wêreld van virtuele realiteit wat, volgens Meta, die volgende aanlyn grens sal wees.

Tydens verlede jaar se probleme het die maatskappy se aandeelprys oor 12 maande met twee derdes gedaal. Die aandeelprys het in 2023 egter herstel en beleggers is tevrede met Zuckerberg se planne.

Meta se aandeelprys het met ʼn verdere 5% gestyg ná die jongste aankondiging oor afleggings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

Dink net as soiets hier moet gebeur. In die VSA is Vrydae afleggingsdag en ‘n alledaagse. In SA skreeu werkers bloumoord as hul wil nie dadelik eerbiedig word deur die base ooreenkomstig die lui miljoene se Marxistiese bedorwebrokkie-mentasliteit nie. Ramaphosa moet nou maar sy bak opgekookte welriekende kool eet sonder botter en sout. Dit is sy eie resep.

Aggie ·

Ag doen tog wat julle wil! Dis nou nie juis dat ek verslaaf is aan FB nie.

Witbaard ·

Dink so bietjie aan die mense of gesinne wat nou nie meer ‘n inkomste het nie, voordat jy so ‘n aanmerking maak.

Dries ·

Was dit nou weer Twitter,het mainstream media berading nodig gehad.

Riaan ·

Raak ook sommer van die sogenaamde “Fact Checkers” ontslae,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.