Twee verdink van moord op verkeersbeampte

(Foto verskaf deur die Valke)

Twee verdagtes, albei 35 jaar oud, is Maandag by Shabalala Trust Hazyview in Bosbokrand, Mpumalanga, in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek.

Munisipale hoofverkeersbeampte Judas Chiloane (60) is Saterdag, 11 Maart 2023, tussen Hazyview en Graskop aangeval, sê kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

“Die oorledene en sy vriendin het in ʼn geparkeerde motor gesit toe gewapende mans uit die bosse op hulle afgestorm het. Hulle het die slagoffer se vuurwapen by hom afgeneem en hom doodgeskiet. Chiloane het verskeie skietwonde opgedoen voor die verdagtes weggehardloop het.”

Die vrou het hulp ontbied en met die polisie se aankoms is Chiloane dood verklaar op die toneel.

“Die polisie in Mpumalanga het alle inligting wat van die publiek ontvang is, opgevolg. Dit het daartoe gelei dat die twee mans vir ondervraging aangekeer is. Verdere ondersoek het die span na een van die verdagtes se huise gelei waar ʼn soektog uitgevoer is. Die verdagtes sal in die hof verskyn sodra die voorlopige ondersoek afgehandel is. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.