“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” – Handelinge 1:8
Wanneer ons hoor dat die koninkryk na buite beweeg – vanuit gemeenskap na gemeenskap om hulle te vertel van ’n nuwe manier van gemeenskap – kan ons nie talm nie. Daar is ’n dringendheid in die evangelie wat die eerste gelowiges gehad het wat ook in ons lewens moet voortleef. Hierdie dringendheid moet ons beweeg; gedring deur die liefde, op pad met hoop.
Wanneer laas het jy deelgeneem aan ’n uitreik na die gemeenskap of selfs net met iemand oor die Here gepraat? Dit was deel van die daaglikse ritme van die vroeë kerk. Lees gerus Handelinge 8 en sien hoe die gelowiges daagliks met hul oë gerig op ander geleef het.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.