Die sanger Steve Hofmeyr is Woensdagoggend in die hospitaal opgeneem.
Lees meerAlles vir Woensdag 30 Mei 2018
‘Minimumloon sal jeug gevange hou’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag daarop gewys dat hy die standpunt huldig dat die goedgekeurde minimumloon juis die jeug en langtermynwerkloses gaan benadeel en dat dit gaan meebring dat hierdie groepe nóg langer uit die arbeidsmag gehou word.
VBS Bank beteken dalk groot verliese vir munisipaliteite
Munisipaliteite kan dalk baie geld verloor nadat hulle dit by VBS Mutual Bank belê het, en die moontlikheid om die bank te red het beduidend gedaal nadat dit onder kuratorskap geplaas is, het LP’s Woensdag gehoor.
Wetsontwerp oor haatspraak ingedien
Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het Woensdag ʼn wetsontwerp oor haatspraak by die parlement ingedien om die proses te versnel om haatmisdade en haatspraak strafregtelik te kan vervolg.
SAPD sê oor DNS-stelle
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gesê gerugte dat die polisie ʼn landswye tekort het aan DNS- en verkragtingstoetsstelle, is onwaar. Dit is slegs sommige polisiestasies wat ʼn tekort ervaar.
Twee vinnig vas ná Goodwood-moord
Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 51-jarige vrou van Goodwood in Kaapstad.
Voortvlugtige vinnig aangekeer
Die 23-jarige Thokozani Malinga, wat uit aanhouding by Ermelo-landdroshof ontsnap het, is aangekeer deur ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie.
Gewilde komediereeks gekanselleer ná rassistiese twiet
Die aktrise se dienskontrak met haar talentagentskap is ook gekanselleer.
ToekomsVenster: Beweging na buite
Wanneer laas het jy deelgeneem aan ’n uitreik na die gemeenskap of selfs net met iemand oor die Here gepraat?
Soektog na ‘rondloperleeu’ afgelas
“Daar was geen teken van ʼn leeu in hierdie gebied nie. Geen spore nie, niks.”
‘Rower’ op kleinhoewe doodgeskiet
Die slagoffer se been is ʼn ruk gelede geamputeer en hy is afhanklik van krukke.
Die wêreld in foto’s – 30 Mei 2018
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
‘Ons harte is gebreek,’ sê Mienke se ouers na nóg ʼn terugslag
“Die Here ken my hart, so ek los [my bekommernisse] by Hom. Hy weet wat die beste is, en ek weet Hy sal vir my ʼn antwoord gee.”
Datum van Zim-verkiesing bekend
Emmerson Mnangagwa, Zimbabwe se president, het belowe dié verkiesing sal vry en regverdig verloop.
Moto GP: Drie Yamahas en twee Ducati’s jaag een Honda
Slegs vyf punte skei die renjaers in die tweede tot vyfde posisie op die punteleer.
‘Terreur-tweeling’-saak nog nie gereed vir verhoor
“Die tweeling is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 in aanhouding op aanklag dat hulle terreuraanvalle beplan het op verskeie instansies en individue in Suid-Afrika.”
Kaapse meisieskool brei vir liefdadigheid
“Die meisies leer soveel meer as net om te brei.”
Video: Stefan en sy Anelle se beloftes aan mekaar
“Jy is vir my mooier as die Namib, die see in my drome; jy is vir my mooier as ʼn mens,” koer Stefan in sy belofte.
Luister: Watter gevare hou droë oë in?
Ooggesondheid is iets wat in die meeste gevalle agterweë gelaat word omdat die simptome van oogsiektes waarskynlik nie so hard vir aandag jil soos ʼn seer keel of ʼn lam arm nie. Maar selfs ʼn toestand soos droë oë, iets wat die meeste mense as algemeen aanvaar, kan tot permanente skade lei.
Orkaan-dodetal 70 keer hoër as aanvanklik gedink
Die amptelike dodetal is as 64 aangegee, maar daar is nou bevind duisende mense is dood.