“Ek sê altyd dat ons nie aan God se belofte aan ons mag twyfel nie. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Baba Mienke"
Baba Mienke sterf
Klein Mienke se storie het die afgelope paar jaar Suid-Afrikaners se harte aangegryp.
Baba Mienke: ‘God het haar nog ʼn jaar gespaar’
Sy sal waarskynlik nooit verstaan waarom die voorval daardie dag 18 maande gelede moes gebeur het nie, sê Verna, maar vandag weet sy dat dit haar sterker gemaak het. En nou kyk dié gesin net vorentoe.
Baba Mienke op pad Indië toe vir behandeling
“Ek sal Timboektoe toe vlieg as dit vir Mienke kan help.”
Virus nié rede vir baba Mienke se terugslag
Aangesien Mienke met diarree gesukkel het, het haar ouers aanvanklik gedink ’n maagvirus is moontlik ʼn verklaring.
Nog ’n terugslag vir baba Mienke
Baba Mienke se ma vertel die dogtertjie het oor die naweek al hoe slegter begin voel en kon skaars haar ogies oophou.
‘Ons harte is gebreek,’ sê Mienke se ouers na nóg ʼn terugslag
“Die Here ken my hart, so ek los [my bekommernisse] by Hom. Hy weet wat die beste is, en ek weet Hy sal vir my ʼn antwoord gee.”
Foto’s: Mienke weer tuis
“In gewone omgangstaal sê ons wat ons nog altyd sê: Daar is hoop en daar sal altyd wees.”
Nóg ʼn operasie vir baba Mienke
“Dis reeds nie lekker om jou eenjarige kind daar in die teater te sien lê en nie te weet wanneer sy weer gesond sal wees nie. En dan kry ʼn mens nóg ʼn groter skrik wanneer sy skielik ophou asemhaal.”
Verna ontslaan; klein Mienke steeds in waakeenheid
“Ek is baie dankbaar dat dit nou weer beter met haar gaan. Ek het dit voorheen gesê en ek sal dit weer sê: Die hospitaal is nie ʼn plek vir jou vrou en jou kind nie. Dit maak mens seer om hulle daar te sien. Nou is dit nog net ons dogtertjie waarvoor ons ook bid.”
Mienke se ma ‘nog nie Verna nie’
“Verna is nog nie Verna nie. Sy is al ʼn mamma, maar sy is nog nie Verna nie. Sy vra heeltyd na Mienke en wil na haar gaan maar sy mag nog nie.”
Baba Mienke se ma ook in hospitaal opgeneem
“Verna is opgeneem in die een saal. Mienke is in die gang af in die ander saal, ek vind myself in die gang stilstaan, net daar gaan sit ek en bid vir my twee diamante.” – Ryno Mulder
Foto’s: Groot partytjie vir baba Mienke se 1ste verjaarsdag
“Ek’s jammer ek kon jou nie beskerm teen die seer van die lewe nie. Dankie dat jy aangehou veg het. Jy is ʼn regte klein warrior-prinses!”
Baba Mienke se ma: ‘Ons staan voor ʼn kruispad’
“Die Here ken my hart – ek het nie gedink ons sou voor so ʼn besluit moet staan nie. Here, ek weet ons tyd is nie u tyd nie, maar genees vir Mienke vinniger as waarvoor ons kan vra. Dis nie aldag maklik nie, en my hart breek in miljoen stukkies as ek na Mienke kyk.”
Mienke gaan eerste keer huis toe ná voorval by dagsorg
“Dit is iets heel anders om as gesin saam in ʼn hospitaalkamer te wees. Dit is die eerste keer in drie maande dat ons as gesin saam in ʼn huis is – ons ken nie meer dié gevoel wat vir ander normaal is nie.”
‘Ons bly hoop en glo,’ sê baba Mienke se ouers
“Selfs net die kleinste bietjie twyfel kan nóú vir die duiwel ʼn houvas gee. Sodra jy twyfel kry die duiwel ʼn kans om leuens te saai en ons gee nie ʼn houvas vir die duiwel nie.”
Groot hartseer oor baba Mienke: ‘God het die laaste sê’
“In een sekonde het dit gevoel of ons wêreld uitmekaar val. [Daar is] duisende vrae. Hoekom? Waarom? Trane van hartseer en pyn loop onophoudelik. Geen kind verdien dit nie. Geen ouer verdien dit nie. My pop, God het die laaste sê.”
Ouers vra ‘net gebede’ ná baba byna by dagsorg sterf
“My kind was dood. Daar was niks lewe in haar nie. Die dokters het vir my gesê hulle het hul bes probeer, maar ek het histeries aanhou gil: ‘Julle beste is nie goed genoeg nie!’”