Die Franse sanger, Charles Aznavour, wat veral bekendheid verwerf het vir sy liedjie “She”, is Maandag in die ouderdom van 94 in Frankryk oorlede.
Lees meerAlles vir Maandag 1 Oktober 2018
Eksamenvoorbereiding 101
Dit is eksamentyd. Jou eksamenrooster is voor jou teen die muur geplak, maar die datums beteken vir jou egter nog min. Voorbereiding is waaroor dit gaan, en hoewel al jou gesinslede wat eksamen skryf agter toe deure by hul lessenaars sit en studeer, het jy geen idee waar om te begin nie!
Franse eerste minister op pad na SA
Die Franse eerste minister Édouard Philippe sal vandeesweek amptelik besoek aflê aan Suid-Afrika en met pres. Cyril Ramaphosa vergader.
Vakansieklubs: Ondersoek voltooi; verslag binnekort uitgereik
Jarelange aanvoorwerk van die VF Plus om onreëlmatighede in die vakansieklubbedryf bloot te lê, het eindelik vrugte afgewerp met die nuus dat ʼn omvangryke ondersoek, wat landwye openbare sittings ingesluit het, voltooi is en dat ʼn finale verslag daaroor eersdaags uitgereik gaan word.
Sasco verloor by KZN-kampusse oor ‘interne redes’
Die South African Students Congress (Sasco), wat met die ANC verbind word, het Maandag gesê die verlies van vier sleutelkampusse in KwaZulu-Natal is weens sy eie swakhede en nie omdat opposisiepartye verstewig het nie.
SA’ner in Duitse tronk: Nog geen uitspraak oor borgtog
Zunaid Moti, die omstrede Suid-Afrikaanse sakeman wat tans in ʼn tronk in Duitsland aangehou word, se pa het Maandag berigte ontken dat sy seun se tweede aansoek om borgtog misluk het.
Handelskamer ‘teleurgesteld’ oor petrolprysverhoging
Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Maandag gesê hy is teleurgesteld in, maar nie verbaas oor die verhoging in petrolpryse nie.
Bob Hewitt doen aansoek om parool
Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (78) het aansoek gedoen om parool ná hy in Mei 2015 skuldig bevind is op aanklag van verkragting en onsedelike aanranding.
ToekomsVenster: Ware liefde vra meer van ons
Jesus het ons kom verseker van die Vader se liefde. As dit egter daar gebly het was ons vandag steeds verlore in ons sonde. Hy het die liefde van God prakties kom demonstreer deur sy lewe af te lê.
Kaap kry R550 miljoen vir droogtehulp
Volgens die stadsraad se jongste syfers staan die Kaapse damvlakke nou op 75,9%, wat 2,5% meer is as ʼn week gelede se 74% is.
18 wynplase neem deel aan Pinotage- en Biltongfees
Agtien van Suid-Afrika se top- Pinotage-produsente neem deel aan vanjaar se Pinotage- en Biltongfees by die Leriba Hotel in Centurion.
Luister: Boon is deel van die Weiveld-kliek
Die musiekkroonprins van Moepelfontein het met Maroela Media kom gesels oor Weiveld se temalied, “Weiveld Click”.
Appèlhof sê oor identifisering van kinders
William Bird van Media Monitoring Africa het in ʼn verklaring gesê dié kwessie was sterk ter sprake in die Zephany Nurse-saak, die meisie wat op 17-jarige ouderdom agtergekom het dat sy as baba ontvoer is.
Vyf vas oor betoging ná ma se skietdood
“Dis hoog tyd dat inwoners ʼn eerlike, professionele en goed toegeruste polisiediens kry wat nie korrup, gevoelloos en kop in een mus met bendelede en dwelmhandelaars is nie.”
Die wêreld in foto’s – 1 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Man in hof ná vrou se moord op N1
Motorfietsryers van Kaapstad het Maandag by die hof saamgekom om te eis dat Ackerman nie op borgtog vrygelaat word nie.
Nuwe aanbieder vir ‘WorkZone’ op Jacaranda FM
Jacaranda FM het aangekondig dat sy middagprogram WorkZone van 15 Oktober af nie meer deur Barney Simon aangebied sal word nie.
Wêrelddag vir boelievoorkoming: leer jou kind dié wenke
Ouers word eerder aangemoedig om hulle kinders met spesifieke vermoëns toe te rus wat hulle sal help om op te staan vir hulself en die boelies in hulle spore te stuit.
Eerste foto ooit van dié dier
Wetenskaplikes het nie geweet of die spesie floreer, bedreig is of reeds uitgesterf het nie.
Padtoets: Nog ʼn spyker in dié era se kis
In ʼn tyd waarin brandstofverbruik en uitlaatgasregulasies al hoe strenger raak wat vervaardigers betref, raak die hoërevolusie-petrolenjin ʼn ding van die verlede, skryf Brendon Staniforth.