Die South African Students Congress (Sasco), wat met die ANC verbind word, het Maandag gesê die verlies van vier sleutelkampusse in KwaZulu-Natal is weens sy eie swakhede en nie omdat opposisiepartye verstewig het nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Sasco"
Uitstel gevra vir halfjaareksamens
Die studenteorganisasie Sasco het vandeesweek geëis dat hoëronderriginstellings se halfjaareksamens uitgestel word.
Video’s: ‘Transformasie’ lei tot chaos by Varsitybekerwedstryd
ʼn Rugbywedstryd tussen studente aan die Universiteit Stellenbosch en die Nelson Mandela-universiteit (NMU) moes Maandagaand in Port Elizabeth stopgesit word nadat geweld, skynbaar oor raskwotas, tydens die wedstryd uitgebreek het.
EFF ontken betrokkenheid by VUT-geweld
Verskeie jeug- en studente-organisasies het Donderdag die geweld op die kampus van die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) se Vanderbijlpark-kampus veroordeel en die EFF beskuldig dat dié party verantwoordelik is vir geweld by die instansie.
[Video] Betogers veroorsaak ontwrigting op Tuks-kampus
AfriForum Jeug het vandeesweek die Universiteit van Pretoria (UP) skriftelik versoek om sekuriteit op die kampus op te skerp nadat ʼn studenteraad-vergadering deur lede van die EFF en Sasco ontwrig is.
Sasco: ‘Oorlog teen rassisme moet uitbrei’
Die studenteorganisasie Sasco het Dinsdag gesê hy verklaar oorlog teen rassisme en wit voorregte.