Sasco: ‘Oorlog teen rassisme moet uitbrei’

Betogers op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Betogers op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Die studenteorganisasie Sasco het Dinsdag gesê hy verklaar oorlog teen rassisme en wit voorregte.

Thabo Moloja, president van Sasco, het gesê dit kom in reaksie op die verskeie rassistiese voorvalle by die Universiteit Stellenbosch (US), die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Universiteit van die Vrystaat (UV).

“Dit is voor die hand liggend dat die rassistiese kulture van hierdie instansies nie in staat is om hulself te genees nie. Behalwe vir die sistemiese rassisme het die optrede van bestuur by talle van die historiese wit instansies arrogant en astrant geword,” het Moloja gesê.

“Wat tans by die Universiteit van Pretoria (UP) gebeur, verskil nie van die voorvalle op die UV se Bloemfontein-kampus, waar studente en werkers geteister, mishandel en in hegtenis geneem word wanneer hulle versoek dat die presidensiële kommissie vir inbesteding geïmplementeer word nie.”

Majola het ʼn beroep gedoen op studente om saam te staan die geveg “uit te brei” om weg te doen met die beweerde rassisme op die kampusse van die UV, US, NWU en die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KPUT). “Hierdie universiteite vorm deel van die laaste bakens van rassisme en al hul elemente en stelsels word gebruik om swart studente en werkers daarvan te weerhou om hul volle potensiaal te bereik,” het Moloja gesê.

“Ons verklaar ʼn oorlog teen rassisme en nie teen mekaar nie.”

Sasco het gesê hulle is tevrede dat die UP en UV reeds begin het om die transformasie van die instansies se taalbeleid te bespreek. “Daar word geen Suid-Afrikaanse taal gebruik om by universiteite te onderrig nie, maar Afrikaans bly steeds dominant. Hulle [die universiteite] moet hulself staal; daar is nóg op pad. Ons sal hierdie instansies en die geboue nuwe name gee,” het Moloja gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
MCS

Ag , ek is so moeg en moedelooos om elke dag telees hoe sleg ons blankes is! Rassiste dit en dat en dit is nie meer ons reg dit en dat! Ek wens met my hele hart as ons een oggend ons oe oopmaak dan moet ons op n ander plek wees! Dan wil ek sien wat in hierdie Suid Afrikatjie gaan gebeur ! Die wat oorblyk sal vrek van elende en pes! Hulle sal nie weet hoe om aantegaan want die ware leiers wat die land steeds staande hou is nie meet hier!

T-man

So hulle verklaar eintlik oorlog teen hulle self as hulle oorlog verklaar teen rasisme…

Loeis

As daar iemand is wie studente en werkkkers daarvan weerhou om “hul volle potensiaal te bereik”, dan is Moloja. Voeg die name van Open Stellenbosch en hul instigeerders daarby, en jy het die definisie van die probleem.

Hulle wil almal dom massas maak. Gaan ons deel van die zombies word?

Leon

In 1967 het verteenwoordigers van die (te stigte) RAU by ons hoërskool die nuwe universiteit onder ons leerlinge se aandag gebring. Daar is toe gemeld dat die aanvanklike infrastruktuur sou bestaan uit die ontruimde bierbrouery se kantore, stoorruimte ens. RAU het benadruk dat die fasiliteite maar spartaans sou wees maar dat Afrikaanssprekende studente dan tenminste kon kies tussen RAU en die nabye Wits waar alles slegs in Engels gedoen word. Nou wonder ek net hoeveel Afrikaanse studente sou nie nou sulke spartaanse geriewe verwelkom nie, gemeet aan die chaos wat tans regeer. Wat van geriewe bekom en doserende personeel (en… Lees meer »

Pieter

Hierdie voorvalle het niks met rassisme te doen en is bloot vandalistiese gedrag. Die groot baas van eskom se seun was een van die persone wat gearresteer is by UCT en op watter basis kan hy sê dat dit rassisme is wat hom daartoe gedryf het. Hy kan nie vir een oomblik aanspraak maak dat hy n voorheen benadeelde was of is. Hierdie gedrag gaan bloot oor vandalisme. Dit is tyd dat die mense besef dat daar kultuur veskille is en dat ons mekaar se kulture moet respekteer. In sekere kulture is dit aanvaarbaar om net vir vandag voorsiening te… Lees meer »