Die Aardklop Nasionale Kunstefees, wat sedert 1998 in Potchefstroom aangebied word, word met onmiddellike effek in die huidige formaat gestaak.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 Februarie 2016
[Foto’s] Chaos by NWU
Chaos het Woensdag by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus uitgebreek te midde van berigte dat veiligheidspersoneel skerp ammunisie gebruik het en ʼn student dood is.
Swanger vrou se verkragter gevonnis
ʼn Man wat skuldig bevind is aan die brutale verkragting van ʼn hoogswanger vrou is in die Ladybrand-streekshof in die Vrystaat gevonnis.
UP-gebedsbyeenkoms: ‘Ons droom nie in swart en wit nie’
Honderde studente het Woensdag naby die hoofingang van die Universiteit van Pretoria (UP) bymekaargekom om te bid.
Begrotingsrede 2016: Politieke partye reageer
“Die vraag is of dit nie te min te laat is nie.”
Gr. 1-leerder ernstig beseer by skool
ʼn Gr. 1-leerder het ernstige beserings opgedoen toe hy deur ʼn voertuig raakgery is by ʼn skool in Lydenburg, Mpumalanga.
Erge skade vir polisie ná Modimolle-betoging
Die betogers wat Dinsdag chaos in Modimolle (Nylstroom) veroorsaak het toe hulle tydens ʼn betoging gewelddadig geraak het, het erge skade aan polisie-eiendom en voertuie aangerig.
ToekomsVenster: Dien met liefde
Dis wat dit beteken om in die krag en onder leiding van die Gees te lewe. Dis die teenpool van ’n lewe sonder Christus.
Begrotingsrede 2016: ‘Staat gaan gordel intrek’
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede gesê staatsbesteding moet aansienlik verminder word.
[Video] NWU-dosent hardhandig deur ‘student’ behandel
Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) het gesê hy is bewus van ʼn voorval waarin ʼn jong man glo ʼn vrouedosent op die Mafikeng-kampus hardhandig behandel het.
Begrotingsrede 2016: Só word jou sak geraak
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede gesê die koerse vir persoonlike inkomstebelasting gaan verlaag word, maar volgens ʼn kenner is dit slegs ʼn skynverligting. Belasting op tabak en alkohol is verhoog.
Trap Iere in Jones se strik?
Dis `n baie fyn lyn, maar sommige afrigters het ‘n besonderse vermoë om met hul eie spelers se koppe te smokkel, hulle op te sweep en tot nuwe hoogtes te voer, maar ook sy teenstanders voor ‘n wedstryd kwaad te maak en hulle boonop in `n strik te laat trap.
Taalbeleidvoorstelle nie taakspan s’n nie, erken UP
Die voorgestelde wysigings aan die Universiteit van Pretoria (UP) se taalbeleid, waarvolgens Engels die primêre onderrigtaal sal wees, is nie die voorstelle van die taalbeleid-taakspan nie.
Afrikaanse kykgenot vir buitelanders met ShowMax
Buitelanders kan ook nou die kassie aansit en kuier saam met bekende Suid-Afrikaanse gesigte soos Riaan Cruywagen en Jan Braai.
[Video] Die plastieksakkie-truuk wat jou lewe gaan verander
Jy gebruik moontlik gereeld plastieksakkies om ʼn toebroodjie of oorskietkos in te bêre, maar jy doen dit dalk verkeerd!
Mans in hof wat glo sjokoladevorms steel
Twee mans wat glo die vorms gesteel het waarmee Cadbury se gewilde Bubbly-sjokolade gemaak word, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Mars toe teen 1 000 km per sekonde!
Bemande ruimtetuie na Mars kan die rooi planeet binne ’n maand bereik, en piepklein satelliete kan na eksoplanete gelanseer word as Amerikaanse navorsers daarin kan slaag om die gaping tussen teorie en praktyk te oorbrug.
Tuks sluit ook al sy kampusse
Akademiese aktiwiteite op die Hatfield-, Groenkloof- en Mamelodi-kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) is vir die res van die week opgeskort.
‘Onteieningswet sal in grondwethof beveg word’
“Die wetsontwerp op onteiening is een stap nader om as een van Suid-Afrika se gevaarlikste wette gepromulgeer te word nadat die Nasionale Vergadering dit gister met 202 stemme teenoor 88 goedgekeur het.”
Luister: Adam Tas vertel Bosveldstories in eerste DVD
Die sanger en liedjieskrywer, Adam Tas, het onlangs sy eerste DVD uitgereik wat verskeie van die treffers wat op sy vyf CD’s verskyn, bevat.