Die studenteorganisasie Sasco het Dinsdag gesê hy verklaar oorlog teen rassisme en wit voorregte.
Alles vir Woensdag 24 Februarie 2016
Akademia bied nou gevorderde diploma in projekbestuur
Akademia, die hoëronderwysinstelling en gemeenskapsuniversiteit in Centurion, se snelgroeiende akademiese portefeulje bied vanjaar verskeie geakkrediteerde kwalifikasies in Afrikaans as voertaal aan.
Vrou val na haar dood
ʼn 23-jarige vrou is dood toe sy van die vyfde verdieping van ʼn woonstelgebou in Umhlanga, noord van Durban, geval het.
RUGBYKUIERPLEK
Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
Groen lig vir Onteieningswetsontwerp
Die omstrede Wetsontwerp op Onteiening, wat die wetgewende vereistes daar stel vir die staat om grond op te eis, is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering goedgekeur.
Transformeer liewer die onderrigmodel
Kom ons skep die moontlikheid om aan Afrikaanssprekendes én aan verskeie ander moedertaalsprekers studiegeleenthede van ʼn uitmuntende gehalte te lewer. Op ʼn wetsgehoorsame en volhoubare wyse.
Agoa: Eerste besending VSA-pluimveeinvoere op pad
Die minister van telekommunikasie en poswese het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika alle uitstaande kwessies wat met landbouinvoere van die VSA verband hou, opgelos het.
Presidensie gereed vir begrotingsrede
President Jacob Zuma het gesê alles is gereed vir Woensdag se begrotingsrede in die parlement.
Die soetste taal met ʼn bitter nasmaak
Op die oomblik lyk dit asof taaldiversiteit besig is om mense in ons land uitmekaar te dryf. Wanneer taal egter gebruik word waarvoor God dit bedoel het, behoort mense oor taalgrense heen eintlik nader aan mekaar te beweeg sonder om mekaar se motiewe te wantrou.
Gedagte vir die dag: Ware tevredenheid
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. (Filippense 4:4-6)