Die motor van die jaar is Dinsdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by Gallagher Estate aangewys.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 Maart 2018
Zuma-meelopers deur parlement gedagvaar
Ses prominente Suid-Afrikaners wat ten nouste met staatskaping verbind word, gaan deur die parlement gedagvaar word om in die openbaar voor ‘n parlementêre komitee te getuig oor hul dade.
SAID onderneem om Makwakwa-verslae vry te stel
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het onderneem om die Hogan Lovells-verslag en adv. Terry Motau se dissiplinêre verslag Vrydag aan die staande komitee van finansies te oorhandig.
Man spring van balkon by winkelsentrum
ʼn Man het Saterdag by ʼn bekende Kaapstadse winkelsentrum van die boonste vloer van die sentrum gespring.
Minister ontken interdik teen Eskom se groenkragplanne
Die vakbond Numsa het gesê hy het ʼn dringende hofinterdik bekom om Eskom te verhoed om kontrakte met 27 onafhanklike kragprodusente te sluit, maar Jeff Radebe, minister van energie, het ontken dat só interdik uitgereik is.
Staking vertraag nadoodse ondersoeke in Gauteng
Die voortslepende staking deur forensiesepatologiewerkers in Gauteng vertraag die vrystelling van nadoodseondersoekverslae en begrafnisse, het die DA Dinsdag ges6e.
Twee beseer in helikopter-ongeluk
Twee persone is beseer tydens ʼn helikopterongeluk Dinsdagmiddag in ʼn veld naby Swartkoppiesweg in Brackendowns, suid van Johannesburg.
Al ses Pollsmoor-gevangenes weer aangekeer
Die polisie in die Wes-Kaap het Dinsdag bevestig die sesde gevangene, wat uit die Pollsmoor-tronk ontsnap het, is aangekeer.
Vakbond waarsku Prasa ‘is ʼn tydbom’
Die vakbond Untu het gesê die veiligheid van passasierstreine in die land verswak daagliks tot só mate dat “dit net ʼn kwessie van tyd is voor ons nog ʼn ernstige treinongeluk sien”.
ToekomsVenster: Die Bybel en geld
Here, help my asseblief om met sukses in al die bogenoemde areas van geld te werk. Dankie vir U seën.
Room van atlete byeen by Tukkies
Die byeenkoms strek oor drie dae en die room van ons atlete sal in aksie wees.
9-jarige glo aangerand: Saak weens ‘veiligheid’ geskuif
Die saak teen Jacobus Potgieter en Heinrich Dumas van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hulle na bewering ʼn negejarige meisie aan ʼn boom vasgemaak, haar aangerand en geskiet het, sal weens veiligheidsredes na die streekshof in Pretoria oorgeplaas word.
‘Huishulp-verkragting’: Man wil honde terughê
Die 45-jarige man van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy honde te pleeg, het aangedui hy wil om borgtog aansoek doen en dat hy sy twee honde wil terughê.
Doen nou aansoek om te baat by Kosblikkieprojek
Solidariteit Helpende Hand se kleutervoedingsprojek, die Kosblikkieprojek, se aansoeke vir 2018 sluit op 16 Maart. Helpende Hand het alle kleuterskole wat voldoen aan die vereistes aangemoedig om voor Vrydag aansoek te doen.
Radio-man, vrou trou steeds ná tragedie ure voor huwelik
Die egpaar se groot dag het in ʼn nagmerrie ontaard maar weldoeners het verseker dat hul groot dag kan voortgaan.
David Makhura: ‘Ons sal nie grondgrype toelaat’
“Die wetstoepassingsagentskappe moet afreken met diegene wat daarby betrokke is.”
Lesings hervat ná geweld by universiteit
Die kampus is op 1 Maart gesluit nadat oproerige studente geboue, insluitend ʼn boekwinkel, en ʼn polisievangwa aan die brand gesteek het.
Christene tydens Paasfees geteiken
Vir die afgelope drie jaar stroom die nuusberigte in van Christene wat ongenaakbaar aangeval word tydens Paasfees. In 2015 het 148 Christene gesterf, in 2016, 75 Christene, verlede jaar het 72 Christene gekies om hulle lewens neer te lê tot eer van Sy Naam… Wat sal 2018 inhou?
Die wêreld in foto’s – 13 Maart 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Weermaglid vas ná kaping in weermagbasis
“Die slagoffer, ʼn 24-jarige vrou, het omstreeks 20:30 in haar VW Polo na die gimnasium in die basis gery toe sy opgemerk het ʼn wit Toyota Etios agtervolg haar.”