ToekomsVenster: Die liefde is omvattend

liefde-hartjies-liggies-dekor

Foto:
Freestocks.org/Unsplash.com

“Die liefde van Jesus is wonderbaar” sing die bekende liedjie. Jy is daarmee bekend.

Ons noem dit die “Leit motif” (leidende beginsel) van ons bestaan, die liefde.
Die liefde is omvattend. Niks is daarby uitgesluit nie.

Die teks sê die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles.
Wat is uitgesluit?
Duidelik niks nie.

Daar word nie ʼn “behalwe” in die teks genoem word nie, dan is dit nie meer “alles” nie.
Die liefde is omvattend, radikaal, omvangryk en insluitend.

Ons God verteenwoordig nie ʼn gemiddelde liefde van gemiddelde standaard nie. In Christus Jesus word alles ingesluit.

Die liefde is op ʼn manier blind. Liefde beteken nie dat ons nie ander se foute nie sien nie maar dit maak nie ander se foute oop nie. Dit kyk soos God kyk, sien soos Hy sien, wat Hy sien.

Ons kyk maar al wat ons dikwels sien is die verkeerde en ons kyk daarteen vas.

By God is ons gebrokenheid eerder ʼn deur na ʼn beter toekoms. In sý hande word ons beter toegerus vir die lewe.

Die bekende Gideon kruip weg vir die vyand wat reeds tot binne die Israelse grondgebied gevorder het. Die engel van die Here sê Gideon nie sleg nie maar sê “wees gegroet dapper man”. Hy sien en proklameer wat Gideon kán wees, ʼn dapper man.

Omdat ons deur die bril van sy liefde kyk, sien ons ook mense se potensiaal raak.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.