ToekomsVenster: God se waarheid

(Foto: Ben White/Unsplash.)

“… en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” – 2 Kronieke 7:14

Die teksvers het ʼn adres en dit word aan God se kinders, sy volk en verbondsmense gerig. Die kerk as jy wil; die Christelike geloofsgemeenskap.

Daar is ʼn kerkgebou op bykans elke hoek in Suid-Afrika. Kerkgeboue, verteenwoordigend van ʼn veelheid van kerklike tradisies, is nie dun gesaai nie.

Baie gemeenskappe se hoofstraat is steeds Kerkstraat. Dit is wie ons is, mense wat, eens op ʼn tyd dalk, erns gemaak het met God se Woord. Strate se name het intussen verander en Kerkstraat is lank nie meer die hoofstraat gemeet aan die dinge waarmee Suid-Afrikaners doenig is nie.

Die teks sê ons moet die dinge laat staan wat verkeerd is. Dit stel ons nie voor ʼn keuse nie, maar stel dit onomwonde. Jy kan sonde nie verontskuldig nie.

Die Gees van God wat in ons woon oortuig tog van sonde. Jy weet wanneer jy besig is om iets verkeerd te doen.

Moenie laat ander aan jou voorskryf nie, vra die Here. Hy sal jou in die waarheid lei.

Sommige dinge is ooglopend verkeerd. Die Tien Gebooie help ons daarmee. Watter gebod is nie meer tersaaklik nie, sou ek wou vra aan mense wat sê dat dit die ou Testament is en dat ons nie meer onder dié wet is nie.

Ander dinge lê op persoonlike vlak. Dis nie vir ons om aan mekaar voor te skryf nie. Wie het ons aangestel as beoordelaars van ander se optrede?

Ek herinner my aan die storie van die balk en die splinter. Jy ken dit waarskynlik ook.

Een van die dae sal ʼn massa van mense opdaag vir ʼn gebedsbyeenkoms digby Krugersdorp. Angus Buchan sal dit lei. Mag die hoofsaak, hoofsaak wees. Mag geestelike onderskeiding daadwerklik lei.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vonny ·

Suid Afrika se kerke loop leeg.
Hul betaal eerder vir n drankie terwyl hul rugby In n kroeg sit en kyk.
Op n Sondag slaap hul laat OF kuier verder.
As iemand begrawe moet word moet die pastoor of dominee praat oor iemand …..wat hy nie eens weet of die persoon gered is nie…!!!!!!

Yvonne ·

Net U Gees my God kan mense oortuig van hulle ‘siekte’ toestand…open asb HARTE, ORE en OE …in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.