Lees Johannes 5:19-20
Dit tweede kenmerk van God se verteenwoordigers of dissipels, is dat hulle nie hulle eie belange soek nie, maar die belang van die Een wat hulle gestuur het. Ook dit sien ons baie duidelik in Jesus se lewe. Jesus spel dit duidelik hier uit:
- Hy doen niks uit sy eie nie.
- Hy doen net wat Hy die Vader sien doen.
- Die Vader wys vir Hom wat om te doen.
Raak prakties:
- In watter mate word jou lewe, doelwitte en dit wat jy elke dag doen, bepaal deur jou besorgdheid oor jou sekuriteit vir die pad vorentoe, eerder as deur God se wil vir jou?
- Waarom dink jy is dit vir die meeste mense so moeilik om te glo dat Jesus werklik vir hulle alles sal gee wat hulle nodig het as hulle eers sy koninkryk soek en sy belange eerste stel?