“Verder as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.” – Matteus 6:5-6
Jesus leer Sy dissipels om op ’n besondere manier te bid. Die eerste vereiste van hierdie gebed is die plek en gesindheid waarmee dit moet plaasvind. Ons sien ook telkemale dat Jesus hierdie benadering self volg wanneer Hy eenkant toe gegaan het om alleen te wees; eenkant toe gegaan het om te bid.
Geliefde in die Here: Jy het nie nodig om die Here met jou gekunstelde woorde te probeer beïndruk nie. Gaan na jou binnekamer toe, maak die deur toe en in die stilte, oop en eerlik, breek jou hart vandag voor Hom oop en praat met Hom. Hy luister.
Delf dieper
Lees Matteus 14:22-23. Wat val jou op in hierdie gedeelte?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Dit is ongelooflik mooi hoe dit beskryf is. Verseker aan my gedagtes geraak! Amen!!!
Dankie vir hierdie heerlike herinnering dat vertoon en deelname aan “groepe” nie nodig is om tot God te nader nie – net jou eie binnekamer. ??
daagse. Ek glo aan jesus. Christus., die seun van god.. Ek is n vroom man, dus wil ek evangeliesasie in afrikaans volg as afrikaans onnie. Vriendelike groete. Jabulani. Khambule.
Jabulani, dis wonderlik, mag jy baie leer uit die dagstukkies en nader groei aan die Here. Daai kinders is geseënd om n Christelike onderwyser te hê. Laat daai kinders Jesus in jou lewe sien en ook so nader groei aan Hom. Mag die Here jou seën op jou lewenspad.