ToekomsVenster: Kyk na Bo

(Foto: Ben White/Unsplash.)

Soos in die tyd van die Rigters loop die verhaal nog altyd so: Dinge gaan stadig agteruit totdat daar een of ander ramp gebeur wat mense wakker skud uit hul slaap van selftevredenheid. In wanhoop roep hulle desperaat na God en bid dat Hy tussenbeide sal tree en ʼn oplossing en uitkoms sal gee.

Omdat Hy so genadig en liefdevol is doen Hy dit inderdaad en in die geval van Rigters rig Hy iemand op, wat leiding kan gee en neem. Die volk van soos een man agter hierdie charismatiese figuur in en organiseer hulle funksioneel en doelgerig teen die vyand. Te midde van die vyand se oormag oorwin die volk van die Here bo natuurlik en beleef ʼn tyd van relatiewe vrede.

Die verhouding met Jahwe word opgeskerp en die wil en wet van God word entoesiasties uitgeleef. Met verdrag raak die mens gewoond aan die Here se goedheid en aanvaar sy genade, trou en sorg as vanselfsprekend. Louheid tree in en die sonde, gewoonlik vergestalt in afgodsdiens, losbandigheid, verwaarlosing van die weduwee en die wese tree in. Die hele proses herhaal homself sonder dat ons uit die web van selfgenoegsaamheid ontsnap.

Dit hoort uiteraard nie so nie. Die Woord se wees heilig want ek is heilig. Heilig beteken afgesonder, anders, eenkant, spesiaal. Ons word by sy Naam genoem, Christene, verwysend na Christus, die Seun van God.

Is jy ook moeg van ʼn val en opstaan lewe?

Sê dit vir die Here. Vra dat sy Heilige Gees jou vervul en toerus. Neem gehalte-besluite. Sorg vir die innerlike mens. Hierdie tyd van afsondering is dit die aangewese ding om te doen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.