ToekomsVenster: Merk jou pad duidelik af

(Foto: Diego Jimenez/Unsplash)

Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. – Spreuke 4:26

Die jaar loop stadig maar seker uit onder ons. Eersdaags sal ons terugkyk oor ʼn jaar wat verby is en wonder wat die nuwe jaar vir ons inhou. Dit lyk kompleet of die wêreld haastig is om van die jaar 2021 afskeid te neem, nie waar nie? Net waar jy kyk word Kersversierings aangebring en die wonderwêreld van die feestyd kom al nader.

Wat in die verlede lê is soos water onder deur ʼn brug om die bekende gesegde aan te haal. Jy kan daaraan niks verander nie. Gedane sake het geen keer nie.

Jy kan dankbaar wees vir suksesse en oorwinnings en jy kan die belangrike lesse wat die lewe met hom saambring leer, inderdaad, maar aan wat afgehandel en gebeur het, kan jy niks verander nie.

Ons het egter die geleentheid om oor die toekoms te besin en te besluit waarheen ons op pad wil wees. Die bekende gesegde “he who fails to plan, plans to fail” is baie waar.

Ons word geroep om meer te doen as om net te bestaan. Ons is hier om as Godsgesante die wêreld rondom ons ʼn verandering te maak en deur die krag en toerusting van die Heilige Gees al hoe meer soos die Koninkryk van God te maak. Daarvoor het die Heilige Gees aan elke mense gawes gegee. Daardie gawes moet in belang van ander en die deurbrekende Koninkryk aangewend word.

Dit alles beteken tog dat  ʼn mens sal weet wat dit is wat die Here vir en met jou lewe in gedagte het. Dit onderskei ʼn mens deur in aanbidding voor Hom te staan en Hom te vra wat Hy vir jou in gedagte het.

Dit behels meermale om op natuurlike wyse blyke te gee van die hoop wat in jou lewe. Dit hoef nie te beteken dat jy moet op pak en in China gaan werk nie, dit kan dit natuurlik insluit.

Feit van die saak is jy moet weet waarheen jy op pad is of ten minste ʼn aanduiding hê. Wys die pyltjie dié kant toe of dáái kant toe of reguit vorentoe met die pad waarmee jy tot hier gekom het?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here die pad wat U aan die kruis gebaan het…dit is die een wat ek wil volg….die Nuwe Jesrusalem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.