Lees: Romeine 12:1
“En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”
Gebed:
O Here Jesus, ek staan voor U kruis, aangegryp deur die groot offer wat U vir my gebring het. Ek lê my lewe vir U op die altaar. Neem my lewe, Heer, en gebruik dit tot U eer.
Leefwyse:
Sny (alleen, of saam met jou kinders) ʼn paar kruise uit gekleurde papier en plak dit in al die kamers van jou huis. Gaan staan soos Von Zinzendorf voor die kruis en vra jouself af: wat vra die kruis vandag van my?
Om oor na te dink:
Watter implikasies het dit vir my as die kruis nie net my kenteken is nie, maar my handleiding vir die lewe?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Baie dankie vir die boodskap van God.