Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp. – Psalm 102:2
Ons almal ken tye van vertwyfeling en swaarkry. Geen mens is dit gespaar nie. Die ellende is dat ons dikwels skaam is om ons worsteling teenoor iemand anders, liefs ʼn vertroueling, te erken.
Ons het hierdie onrealistiese verwagting van die lewe en luister na bedenklike teologie. Ons redeneer dat dit altyd goed moet gaan met ʼn gelowige en indien dit nie die geval is nie, soek ons die skuld in en by onsself. Dit kan wees dat dit inderdaad swak keuses, dalk verkeerde keuses is wat jy teen jou beterwete uitgeoefen het wat aanleiding gee tot die worsteling in jou lewe. Ander kere gebeur dit doodgewoon sonder enige bydrae van jou kant. Jy is weliswaar onskuldig en weerloos teenoor die seer en onsekerheid.
Ongeag die omstandighede, God is ʼn toevlug in die nood, ʼn Rots wat altyd vas bly staan. Jy kan Hom met jou swaarkry vertrou. Vir die wat Hom liefhet, werk alles ten goede, sê die Woord.
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. – Psalm 18:3
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Jesus ek het U nodig help my asseblief. U alleen weet wat my behoeftes is.
Ek het U lief my verlosser. AMEN