ToekomsVenster: ’n Vraag oor belasting

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Toe stuur hulle ‘n paar van die Fariseërs en van die Herodiane na Jesus toe om Hom met ‘n vraag in ‘n strik te vang. Hulle kom sê toe vir Hom: “Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?” Jesus het egter geweet dat hulle huigel en Hy het vir hulle gesê: “Waarom stel julle vir My ‘n strik? Bring vir My ‘n muntstuk dat Ek sien.” Hulle bring toe vir Hom een en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s’n,” antwoord hulle Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.” En hulle was stom van verbasing oor Hom. – Markus 12:13-17

Belasting is ʼn sensitiewe saak, veral as ander daarmee mors. Om te sien hoe die geld wat jy met moeite verdien het op onregmatige en arrogante wyse vermors, verduister en wan-aangewend word maak ʼn mens baie boos, en met reg ook. Die owerheid het immers ʼn verpligting om wat aan hulle toevertrou is met sorg en ten behoewe van almal, veral die armes aan te wend. Dis hartseer om te sien wat met belastinggeld gebeur in ons mooi land.

Iewers konfronteer ʼn paar moedswillige mense Jesus. Hulle wil weet of belasting betaalbaar is aan die keiser. Na beide kante kan Jesus hulle nie tevrede stel nie. Sê Hy nee is Hy in die moeilikheid by die Romeinse owerheid. Sê Hy ja is Hy in onguns by die mense, immers die Romeinse owerheid belas hulle swaar.

Jesus is slim. Hy vra dat ʼn muntstuk na Hom gebring sal word. Die keiser se beeld is daarop, derhalwe moet aan die keiser betaal word wat hom toekom.

Daar is egter ook ʼn verpligting om God met alles te dien wat jy het.

Romeine 13 is bekend. Gesag moet respekteer word, ook die owerheid s’n. Indien die owerheid lynreg teen die Woord van God optree en daarmee vol hou sou ʼn mens seker ʼn saak kon uitmaak dat mense hulle teen die owerheid en belasting in die besonder kon verset. Tog is dit nie so maklik nie. Ook in Suid-Afrika is daar tientalle voorbeelde van dienste wat tog gelewer word, ten spyte van korrupsie en bedrog.

Christene moet ʼn sensitiwiteit toon wat hierdie sake betref, ook ʼn voorbeeld stel.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Suid Afrikaners met vergelyking met Europa ewe knie is meer tegemoedkoment om belasting te betaal en aanvaar belasting verhogings meer maklik. Is dit dalk omdat die meerderheid Suid Afrikaners Christene is.
In ons huishouding toe ek nog ‘n kind was is ons geleer om jou belasting te betaal want dit is jou verantwoordelikheid om die bestuur van ons land te befonds.
Nou dat ek self volwasse is volg ek nog steeds dieselfde verantwoordelikheid maar my belasting geld gaan nie meer vir die goeie bestuur van die land.
Persoonlik dink ek dit het tyd geword vir belasting weerhouding.

willem Botha ·

Ek betaal belasting soos dit moet wees ,maar dan moet ek n mediese fonds hê wat die staatshospitale is haglik ,ek moet n sekuriteit maatskappye betaal want die polisie kan hulself nie beskerm nie,ek moet begroot vir privaat skool vir my kinders wat baie duur is want die staatskole is nie n opsie.Ek kla nie ,ek is bevoorreg maar die mense wat dit nie kan bekostig nie maar belasting betaal ,vra ek vir wat???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.