ToekomsVenster: SA se kinders, ons verantwoordelikheid

(Foto: Scott Webb/Unsplash)

“Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: ‘Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle’.” – Markus 10:14 (AFR83)

Om ʼn kind in dié land te wees, is gevaarlik. Kyk maar bloot na die misdaadstatistieke wat Vrydag deur Bheki Cele, minister van polisie, uitgereik is. Van Januarie tot Maart vanjaar is 6 083 mense vermoor, van wie 306 kinders jonger as 17 jaar was. Dit is ʼn toename van 37,2% in kindermoorde teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2021.

In die eerste drie maande van vanjaar was daar 42 992 voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer, waarby kinders in 1 937 gevalle betrokke was.

Oudpres. Nelson Mandela het gesê: “The true character of society is revealed in how it treats its children”. (27 September 1997)

ʼn Maatskaplike werker vertel hoe sy een oggend op pad werk toe sien hoe ʼn volwassene met ʼn dik stok hale oor ʼn kind se lyf uitdeel. Sy hou onmiddellik stil en roep die man tot orde. Wat haar verbaas is dat daar ʼn aantal volwassenes is wat die petalje sien, maar niks daaraan doen nie.

Watter nasie maak sy eie kinders dood? Watter nasie ondergrawe sy eie toekoms op hierdie wyse?

Is daar kinders in ons omgewing wat ontberinge verduur? Waarom bly ons stil daaroor? Hoekom wil ons nie betrokke raak nie? Wat sou gebeur as ons daardie kind was?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.