ToekomsVenster: Sy Naam, wil en Koninkryk altyd eerste

kers-teeliggies-lig

Foto: Mike Labrum/Unsplash.com

As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. – Jak. 4:3

In aansluiting by die voorafgaande gedeelte stel Jakobus dit duidelik. Mense het nie omdat hulle nie bid nie. As hulle dan wel bid is eie belang steeds die vertrekpunt. Dis opmerklik dat die Ons Vader gebed, ook bekend as die model gebed die fokus duidelik op God eerste laat val. Sy Naam, wil en Koninkryk staan voorop.

Miskien sal dit ons loon om dit goed te bedink. Eers dan en uiteraard met die grootste vrymoedigheid kan ons tot God bid brood, versoeking en ander sake. Indien die eerste dinge in plek is sal die res van ons gebed nie ontspoor in eiebelang en selfhandhawing nie.

Die vraag is hoe gereeld en hoe ernstig ons onsself oriënteer aan hierdie vertrekpunt van God en sy Koninkryk eerste. Ons bid nie verkeerd vanweë ʼn gebrek aan kennis nie dit is eerder deel van ons eie moedswilligheid en arrogantheid.

God kyk na die hart. Daar is nie formules en gepaardgaande voorskrifte waaraan gebede moet voldoende anders as geloof nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.