Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep mans wat Maandag glo ʼn juwelierswarewinkel by I’langa Mall in Nelspruit beroof het.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Oktober 2018
Nog geen moordklag ná 10-jarige sterf
Mohammed Vahed Ebrahim, die slagter van Phoenix wat daarvan beskuldig word dat hy die 10-jarige Miguel Louw ontvoer het, het Woensdag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn.
Outistiese seun se liggaam gevind
’n 11-jarige outistiese seun, wat Dinsdagoggend uit ’n versorgingstehuis naby Stanger in KwaZulu-Natal verdwyn het, se liggaam is Woensdag gevind.
Video: SAID-hoof self onseker oor IT-stelsel
ʼn SAUK-televisieonderhoud met Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, digitale hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, word wyd op sosiale media versprei en Makhekhe-Mokhuane se bekwaamheid word bevraagteken.
SAID veroordeel berigte oor eFiling wat ‘in duie stort’
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag berigte, dat sy eFiling-stelsel op die randjie van ineenstorting is, ontken.
Coligny-moordsaak: Uitspraak gelewer
Uitspraak is Woensdag in die Noordwes-hooggeregshof gelewer in die saak van twee plaaswerkers wat van die moord op ʼn tienerseun van Coligny in Noordwes beskuldig is.
ToekomsVenster: Sy Naam, wil en Koninkryk altyd eerste
God kyk na die hart. Daar is nie formules en gepaardgaande voorskrifte waaraan gebede moet voldoende anders as geloof nie.
Die wêreld in foto’s – 17 Oktober 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Honderde duisende buitelanders glo onwettig in SA
“Nou sit jy met ʼn probleem. Die mense is hier in jou land en uit ʼn humanitêre oogpunt moet jy hulle bystaan. Maar ek kan nie vir hulle huise bou as hulle nie dokumente het nie.”
Parlement ontplooi uitsmyters teen joernaliste
ʼn Gevaarlike grens is vanmiddag in die parlement oorgesteek toe ʼn parlementêre portefeuljekomitee se verrigtinge geheim en geslote verklaar is en joernaliste die lokaal verbied is met meer as ʼn dosyn parlementêre uitsmyters wat ontplooi is om die joernaliste met geweld te verwyder indien nodig.
Botswana: Boetes, tronkstraf vir dié wat plastieksakke gebruik
Die besluit is geneem ná verskeie onsuksesvolle pogings om die toename in plastieksakke te bestuur of beheer.
Departement herbesin oor lae huurtariewe vir ministers
Direkteurs-generaal betaal so min as R75 per maand vir staatsbehuising.
‘Nog te seer’ om oor klein Henry te praat
“Laat ons dan, te midde van die hartseer wat die gesin nou ervaar, die Here loof en prys vir Henry se lewetjie hier op aarde.”
Skoolhoof maak plan met duur matriekafskeid
“Ons was ongemaklik met die idee dat die meeste leerders in vorige jare nie die matriekafskeid kon bywoon nie aangesien hul ouers nie werk het of ’n rok of luukse motor kan bekostig nie.”
Geen foto’s van Westbury-moordverdagtes, gelas hof
Verslaggewers is nie toegelaat om foto’s van die beskuldigdes te neem nie, alle selfone moes afgeskakel word en lede van die publiek moes die hof verlaat voordat die verrigtinge begin het.
Boekresensie: Raaiselklip
Dis ’n anderste avontuurverhaal vir jong lesers (seuns en meisies van 12 – 14 jaar) wat hou van stories wat hulle uitdaag om uit die gemaksone van ’n bekende milieu te beweeg. Dis ’n Gotiese spanningsverhaal wat in die 1800’s in Kaapstad afspeel, ’n kreatiewe fantasieverhaal én spookstorie wat die drade van gister en nou behendig saamknoop.
Voortrekkers vereer Vryburgse skoolhoof
“Hier kan jy jouself wees, hier is kultuur nie ʼn bedreiging nie, hier is dit nie ʼn rasseding nie. Hier word identiteit deel van die skool en deel van die gemeenskap.”
Min Suid-Afrikaners het neseiertjie vir oudag
“Die feit dat 41% van die respondente gesê het hulle het glad nie ʼn plan nie beaam die omvang van die krisis.”
Hykie Berg en sy vrou se paaie skei
“Van julle gaan geskok wees, ander sal tien teen een glad nie eens omgee nie, daar sal ʼn paar wees wat werklik meegevoel het en sommiges gaan ons kruisig.”
Onderwysers is steeds positief
Die navorsing het egter ook gewys dat onnodige administrasie, ʼn groot werklading en swak dissipline in die klaskamer ʼn negatiewe uitwerking op onderwysers se gemoed het.