Skoolhoof maak plan met duur matriekafskeid

Die matriekklas van 2018. (Foto: Verskaf)

Matriekleerders van ’n Vrystaatse skool het die afgelope naweek hul skooldrag na hul matriekafskeid gedra sodat geen klasmaat dié spesiale geleentheid weens finansiële uitdagings hoef mis te loop nie.

Eric Sedi, skoolhoof van die Iketsetseng Secondary School in Sasolburg, het met ’n inisiatief genaamd “Project Inclusivity” vorendag gekom nadat slegs ’n kwart van dié skool se leerders verlede jaar hul matriekafskeid bygewoon het.

Sedi het Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê dat leerders in vorige jare van dié geleentheid weggebly het aangesien hulle nie ’n rok of pak kon bekostig nie en gevolglik dié hoogtepunt in elke matriekleerder se lewe misgeloop het.

Vanjaar was egter anders en al 238 leerders van die matriekklas van 2018 kon Saterdag hul skoolloopbaan op ’n gepaste manier afsluit. Slegs drie leerders kon nie die geleentheid bywoon nie weens persoonlike redes. “Die leerders het die idee omarm en dit was ’n glansryke en suksesvolle aand,” sê Sedi.

Sedi vertel dat die skool met dié idee vorendag gekom het omdat baie van hul leerders dié tyd van die jaar uitgesluit word aangesien hulle nie die matriekafskeid kan bekostig nie. Die skool wou sorg dat almal vanjaar ingesluit word, ondanks hul ouers se finansiële posisie.

Die matriekklas van 2018. (Foto: Verskaf)

“Ons was ongemaklik met die idee dat die meeste leerders in vorige jare agtergelaat is aangesien hul ouers nie werk het of ’n rok of luukse motor kan bekostig nie.”

Die skool het daarom besluit dat hulle vanjaar heeltemal met duur kleredrag en voertuie gaan wegdoen en leerders is versoek om hul skooluniform na die geleentheid te dra. Leerders is wel toegelaat om hul skooldrag bietjie op te dollie. Hulle kon slegs vir dié spesiale aand grimering, hakskoene en die bykomstighede van hul keuse by hul skooldrag aantrek.

“Solank die leerders hulle nie daaroor hoef te bekommer of iets aan te koop nie, was dit toelaatbaar. Enige onnodige uitgawes was taboe,” sê Sedi.

Matrikulante is egter nogtans met pragtig gedekte tafels, liggies en dekor begroet en spyseniers het heerlike kos vir die geleentheid voorsien sodat die leerders steeds op hul spesiale aand bederf is.

Ook die leerders se ouers was oorstelp van vreugde toe hulle gedurende ’n vergadering van dié inistiatief te hore kom. Talle ouers het gesê hulle beplan om gevolglik die geld wat hulle aan ’n rok, ’n pak of die huur van ’n luukse motor sou bestee, eerder volgende jaar aan ’n aansoekfooi vir hul kind se toelating tot ’n universiteit of tegnikon te gebruik.

Sedi vertel dat hulle reeds die idee aan die graad 11’s van hierdie jaar voorgelê het en dat dié groep leerders reeds hoogs te vinde is daarvoor. “Hulle is baie opgewonde oor hul matriekafskeid.”

Sedi het ook die nuus ontvang dat talle ander skole in die gemeenskap ook sy blink inisiatief in die toekoms wil instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

113 Kommentare

Rika ·

Wat ‘n fantastiese idee! En so kon elke leerder die afskeid bywoon. ‘n Briljante skoolhoof en personeel.

Sanet van der Walt ·

Dis hoogtyd dat iemand sinvol oor die matriekafskeid begin dink. ‘n Wonderlike voorbeeld vir ander!

Marion de Wet ·

Uitstekende idee! Moeilike tye, help nie net leerders, maar ook ouers!

karen ·

hi-5 vir hierdie skoolhoof. Ek stem dat meeste matriek-afskeid funksies deesdae ‘n kompetisie geword het om te kyk wie het die meeste geld om te “blaas” – plaas ‘n beperking vir die bedrag wat bestee mag word en ek glo baie meer matriekleerlinge gaan hierdie funksie bywoon.

Gina ·

Hi-5 aan d matrieks wat dit net aanvaar het. Briljante idee!

Abe ·

Baie slim hoof en kyk net hoe netjies lyk die matrikulante aan tafel!

Alicia ·

Ek is sprakeloos!!! Ek hoop baie skole gaan hierdie voorbeeld volg, want wragtig, deesdae se matriekafskeid is amper soos ‘n troue! Ek het al begin wonder wat gaan die arme dame op haar troudag doen om haar afskeid te verbeter, Dis peperduur rok, kar, en om nie eers van die uitspattige foto sessies te praat nie!!!

Petro van Rensburh ·

Baie geluk aan die skoolhoof. Meer kan dit doen.

Mark ·

My ma het getjop om my op skool te hou. Wonder geen werk maar sit in matriek. Lovvvvely

Pikkie ·

Fantastiese inisiatief!!Hierdie skoolhoof is iemand wat werklik vir sy skool en leerlinge omgee. WELGEDAAN!!!!

Abe ·

Baie goeie idee en kyk net hoe netjies lyk die klomp matrikulante!

M Viljoen ·

Uitstekend 3 hoera’s vir die skoolhoof. Maak dit wet.

Annetjie ·

Dis die BESTE besluit ooit…dit behoort verpligtend by alle skole te wees…geen diskiminasie omdat ouers nie geld het nie

Henda ·

Maak dit defnitief verpligtend, dit is net skool kinders hulle het nog baie geleenthede om te kan optof in die groot mens wêreld

Willem ·

Die matriekafskeidkultuur het in elkgeval hande uitgeruk. Dis belaglik wat op dié funksie spandeer word veral in die lig van die groot armoede wat in Suid-Afrika bestaan. Dis amper asof die rykes – soos Marie Antoinette – vir die armes sê “ eet dan koek!”

Marina van Zyl ·

Gee die man sommer ń dubbel “Bells”…… Dink dit was ń briljante besluit en die kinders sal dit vir ewig onthou vir die regte redes !!!

Ons gaan nog baie van die skool hoor…. Seker daarvan !

ES ·

Ek onthou nog my matriekafskeid asof dit gister was en dit was daardie tyd al heeltemal te uitspattig en ‘n onnodige uitgawe. Party meisies het meer geld aan hul aandrokke spandeer as wat sommige bruide aan hul trourokke spandeer. Die idee het heeltemal hand uit geruk. Dit is ‘n besonderse geleentheid maar moet nie gemeet word aan hoe mooi ‘n rok is of met watter duur motor jy daar aankom nie. Dit moet ‘n afsluiting wees van ‘n suksesvolle skoolloopbaan.

Paja ·

Wil vir JJS se sy het duidelik nog nooit swaargetrek nie….dis n briljante idee Skoolhoof..U kry 100%..almal was ingesluit!!! Pragtige gebaar!!Thumbs up!!!

Lana ·

Selfs ‘n R100 om op n rok of klere te spandeer is vir sommige van hierdie ouers en kinders onbekostigbaar.
Dankie aan hierdie skoolhoof!

SMS ·

Wonderlik! Geen diskriminasie. Baie kostes bespaar. En die meeste kon die spoggeleentheid bywoon. Welgedaan Mnr. Skoolhoof!

Ander Annie ·

10 uit 10 vir hierdie innoverende Skoolhoof. Wel gedaan. Jou voorbeeld moet gevolg word. Matriek funksies is deedee ‘n groot kompetisie en die betekenis van hierdie funksies gaan verlede onder die materiële sy.

Susan ·

Presies die rede waarom ek nie my skool se matriekafskeid kon bywoon nie – finansiële omstandighede. Goeie voorbeeld wat hierdie skoolhoof stel! Mens wonder soms wie kompeteer nou eintlik met wie – die ouers of die kinders.

Matriek ·

Ek dink dit is ‘n goeie idee. En die skoolsaal kan ook mooi opskep word vir die funksies. Weet nie hoekom als so uit verband geruk moet word nie. Jy betaal vir ‘n matriek leerling vanaf R 900 per kop…waar jy troues kan reel vir R 350 per kop…. onnodig duur !

Andrea ·

Jys doodreg! Van die kinders aan my dogter se tafel se kos was rou- pampoenkoekies rou en aartappels kliphard. Drinkgoed moet ekstra gekoop word, selfs water. En daarvoor moes ons n R1080 betaal vir haar en haar metgesel.

Malie ·

Ek het gemengde gevoelens hieroor – die EEN geleentheid waaroor jy jou hele skoolloopbaan droom. Om met skoolklere te gaan is soort van anti-klimaks? Ek stem dat party ouers darem heeltemal te ver gaan met uitrustings.

Franna ·

Ek stem saam. Het so pas n heruitsending van “my matriekafskeid” op kanaal 147 dstv gekyk. Die rokke lyk soos
trourokke met gehuurde motors
en al. Arme ouers wat dit nie kan bekostig om vir hulle kinders dieselfde te kan gee nie

Leonie ·

Awesome idee. Daar is so baie kinders wie se ouers dit nie kan bekostig om rokke en pakke en als te koop nie want die lewe is net te duur. Ek het al baie gesê skaf dit eerder af en hou vir die kinders ‘n spit of braai by die skool waar hulle sommer shorts en t-shirts kan dra. Matriekafskeide het die laaste paar jare heeltemal hand uit geruk. In ons dae het die Std 9’s geld ingesamel en die afskeid was sommer by die skool, nou moet dit by venues gehou word wat die ouers nog ekstra geld ook kos. Hierdie ou is ‘n goeie Hoof!!

Genieve ·

Hoop al die hoerskole neem die besluit sowaar alles is duur…mooi mnr die skoolhoof.

Caroluna ·

Baie goeie idee. Dit het te duur geword en kompitiese was groot. Nou lyk almal mooi geklee in hulle skooldrag. En sekerlik was die kos baie lekker.

Debbie ·

Wow wow wow! Dit is ‘n uitstekende voorbeeld vir almal. Baie dankie mnr. Eric welgedaan!

Roos ·

Wonderlik! Om nie te hê nie bring groot ongelukkigheid. ‘n Vriendin het duisende rande (wat sy eintlik nie kon bekostig nie) betaal vir haar dogter se rok. Na die ete het hulle ander klere aangetrek vir die “after party”. Daardie rok is nooit weer gedra nie! Dit skrei ten hemele. Alles vir die vertoon.
Mooi so, Meneer die skoolhoof!

adriana ·

Ja deesdae ruk die ouers en leerders die …. uit die honder uit met die uitrustings en voertuie.
Ek wens ons kon in 1977 in ons skooldrag gaan – want daar was kinders wat dit nie kon bywoon nie- toe was ‘n rok R 100.00 – R300.00 en dit was baie baie duur!
Dit was onnodige uitgawes en ek het my vakansie werk geld vir ‘n rok gebruik.-
Sou dit eerder vir iets anders wou gebruik het – soos ‘n lekker vakansie of klasgeld!

WOW ·

Wat n wonderlike idee. Shame so voel niemand uit nie en almal kan dit bywoon. Ek kry skoon hoendervleis lol

GM ·

Uitstekende idee! Dit hoef nie ‘n duur, uitspattige ‘event’ te wees, om mense te probeer beïndruk wat jy waarskynlik nie weer gaan sien na jy eers uit die skool uit is nie.
Ek het jare lank in Sasolburg gebly, waar sit dié skool? Hoërskool Sasolburg, HTS, en Afrikaans Hoër is al hoërskole daar gewees waarvan ek weet?

Jana ·

Hoeveel hoera’s kan ons aan dié skoolhoof gee?
Ek bly op n dorp waar elke jaar se matriekafskeid die vorige een MOET oorskadu. Ma’s skop eenvoudig vas by die blote gedagte dat die matriekafskeid afgeskaal moet word.
Die Onderwysdepartement kan gerus een bruikbare ding doen en vaste riglyne neerlê om die uitspattighede te beperk.

Swanna ·

Mnr Sedi ek haal my hoed vir jou af en groet jou. Alle respek vir jou. Beste besluit ooit. Ander wat daaroor kla het te veel geld of dit gaan oor die aansien. (GLAMOUR) Wil GESIEN word en dan is die helfde nog half kalgat ook. Meisiese rokke duurder as hul trou rokke en ook net vir die eengellentheid gekoop. Geld mors. Mooi Mnr. SEDI. WELL DONE.!!

Dee ·

Uiteindelik iemand met verstand wat ten minste by een skool die jaarlikse matriek extravaganza stopsit. Dit het totaal en al hand uitgeruk. Die matriekrok kompetisies help nou ook nie juis nie. Die kompetisie tussen leerders en ouers om beter as die bure te wees het lankal n ongesonde wending geneem en lei tot bittere ongelukkigheid. Skole behoort, soos hierdie skool, die leidinge te neem en n streep trek wat uitgawes en drag aanbetref. Laat ouers hulle eie privaat uitspattige duur opskoppe buite die skool hou as hulle wil indruk maak.

Ronel ·

Welgedaan aan die skoolhoof!!! Ek skud my kop in ongeloof oor die geld wat aan matriekafskeidrokke en karre spandeer word. Ek sidder om te dink wat DAAI kinders se troues eendag gaan kos.

Alida ·

Wonderlik! Dit is immers n skoolaangeleentheid en dra dan skooldrag. Op 18 le jou HELE lewe nog voor om te pronk as jy geld het. Die skoolhoof verdien n medalje!

Janine ·

BRILJANT! Hoop baie skole volg die tipe voorbeeld. Skaal af. Alle ouers kan nie soveel skuld maak soos die res nie.

Marietjie mcCracken ·

Briljante idee. Maak dit verpligtend. Net die rykes kan sulke geld blaas vir 1 aand. Die minder bevoorregtes steek altyd af. Meestal gaan armes nie juis oor die klere.
Mens sal sweer dis n kroning soos die kinders aantrek vir 1 aand.
Skoolklere meer gepas.

Heleen ·

Mnr. Sedi vir Minister van Onderwys! BRAVO. So bly iemand het die sirkus stopgesit.

Anoniem ·

Hierdie groep kinders is sooooo n groot voorbeeld van bedagsaamheid en empatie!!!! Julle is voorbeelde vir baie jongmense en nog meer volwasenes. Julle is sowaar n TEKEN VAN HOOP EN LIEFDE VIR JOU MEDE MENS!!!! Ek het n knop in my keel oor julle mooi en onselfsugtige gebaar!!!!

RG ·

Beste nuus van die dag. Ek gaan nou my kop uitsteek maar vind dit belaglik hoe veral ons dogters op tof met haar verlengings, soveel grimering en rokke wat lyk soos trourokke. Dogters julle benodig dit nie! En glo my as julle oor 10 jaar na die fotos kyk gaan julle uitbars van die lag.

Duifie ·

Baie geluk aan díe skoolhoof en ook aan die eerste groep matrikulante vir so n wonderlike idee en die deurvoering van hul idees. Dit kan soveel ouers en kinders in ons land help vir wie dit n hartseer tyd is ipv n vrolike fees. Mag elke skool hierdie inisiatief ondersteun. Miskien kan n Matriek Mode Parade gereel word net voor hul laaste skooldag; die meisies en seuns wat graag wou skitter mag dan vrywillig inskryf en deelneem. Niemand mag voel dat hulle weens armoede, nie hul grootste sosiale geleentheid (die matriekafskeid) gedurende die matriekjaar kon bywoon nie. Hoor, hoor meneer!

Sandy ·

Mnr Sedi, ek het trane in my oe gekry toe ek die lees. Dit is waar wat jy se van kinders wat dit nie kan bywoon weens werkloosheid, en die feit dat hul ouers dit nie kan bekostig al werk hulle. Jy is ‘n ware leier en ‘n kind van God om aan ander te dink en met die idee vorendag te kom. Dit is ‘n idee vol inisiatief. Ons het meer skoolhoofde soos jy nodig in Suid Afrika.

Desire ·

Veels geluk met briljante idee! Hoop meer skole volg u voorbeeld.

Anita ·

In ‘n tydvak waarin alles oor vertoon en oor geen diepte gaan nie – verdien hierdie skoolhoof, sy personeel en matrikulante respek.
Deur hierdie besluit en geleentheid is ‘n voorbeeld gestel van wat eintlik waarde het in die lewe.
Dit is ‘n lewensles wat hierdie leerlinge met hulle sal kan saamneem.
Ek stem saam met die kommentaar: dit moet verpligtend / wet word.
Ek haal my hoed af vir hierdie skoolhoof.

Vlam ·

10 uit 10. Dit noem ek briljant almal geniet die afskeid en geen kompetisie 0nder mekaar nie. Almal net normaal en hulle self.

Kyk en leer ·

Veral wit skole kan gerus hierdie hoof se voorbeeld volg!

Annelize ·

Jy slaan die spyker op die kop Kyk en Leer. Dis ‘n tendens wat ek al hoe meer en meer onder wit mense en wit skole agterkom. Die najaag na oppervlakkige materialisme is besig om hand uit te ruk, om mekaar die loef af te steek oor wat bekostig kan word en mekaar se neuse daarin te vryf, sien ek elke liewe dag raak. En dan word die gewete gesus deur ‘n skenkinkie hier en daar te maak, maar dit word ook so terloops aan die groot klok gehang.

Cathy ·

Wat ‘n pragtige idee van Mnr Sedi. En almal en alles het pragtig gelyk. Wel gedaan!

Mamma ·

Ek kyk na die lewe uit ‘n ander oogpunt. As jy dit kan bekostig of daarvoor spaar hoekom nie? As dit die eerste en laaste keer is wat jou dogter of seun so mooi kan optof in hul lewe, hoekom nie? My dogter het voorwaar soos ‘n prinses gelyk in haar R8000 rok wat in my “budget” geval het. 8 maande na haar matriek afskeid is sy oorlede. As ouers gaan ons nie die voorreg hê om haar in ‘n trou rok te sien of opgetof in die toekoms nie. Vandag, 15 maande na haar dood, kan ek na haar matriek afskeid foto’s sit en kyk in haar “opgetofte” rok. Geen verwyte oor die duur rok wat ek gekoop het nie, net pragtige herinneringe.

pieta ·

So, Mamma, jy is eintlik net trots op die uitspattige rok? Wat van die mense wat dit nie kan bekostig nie of dink jy net aan jouself en di euitspattige rok. Verstommend.

Rine ·

Nee Pieta sy is nie net trots op ‘n uitspattige rok nie, sy voel so omdat sy nooit weer die kans gaan kry om haar dogter so sprokiesmooi te sien nie. Sy sou bitter graag nog vir haar dogter dingetjies wou doen of koop. Iets wat jy vanselfsprekend aanvaar en nou oor uitvaar. Mamma weet presies waardeur jy gaan en my hart is seer vir jou, 6 1/2 jaar later is ek nog net so seer oor my seun wat nie meer hier is nie. Om nie eers te praat van die verlange wat net erger word soos die tyd verby gaan nie.

Dankie tog ·

Wonderlik ! Ons moet al van Graad 8 af elke jaar betaal vir matriekafskeid en dan nog betaal om dit by te woon. Absoluut belaglik, terwyl daar mense is wat nie eers kos het om te eet nie. Hierdie reëling moet verpligtend wees op alle skole

Blommie ·

Ai mamma my hart breuk om te hoor van jou dogter.
Ek voel dieselfde as jy dit kan bekostig, hoekom ni?
jou kind het 12jaar lank hard gewerk agter die skool banke vir daardie spesiale daggie.
Ek stem saam, moemie uitspattig raak nie. Maar werlikwaar nie in jou skool klere nie.
Staan eerder die kinders by wat dit nie kan bekostig nie.
Hoekom nie rokke en pakke skenk vir kinders wat dit nodig het nie.
Maar laat k jou se TROTS is n lelike ding

Annie ·

Uitstekend!!! Fantastiese voorbeeld van laterale denke en hoë emosionele IK. Die skoolhoof is uit en uit mentor-materiaal. Hoop die regte persone sien dit raak.

LeonieSC ·

Geagte Meneer die Hoof, jý verdien om ñ Hoof te wees. Ek het self ñ projek waar ons Gr. 12 leerlinge help om hul afskeid by te woon. Jaarliks is daar nie minder as 15-leerlinge wat om hulp kom aanklop nie… ek dink dit is heel belaglik, nr 1: die hoë kostes wat skole die kinders vra om net die aand by te woon & dan is die venue en kos nie eens so wow nie.. 2dens: net soos kersfees & paasfeës, het matriekafskeid funksies ook net een helse kompetisie geword! *Ps. Ek sal u siening enige tyd ondersteun!

#DuurMatriekAfskeid Moet Gaan ·

Plaas Mnr Lesufi sit sy energie daarin om die matriek uitspattighede stop te sit!
Ek stem lankal vir ‘n laer koste afsluiting. Maar dit begin ook by die ouers; baie betaal nog sonder om oog te knip.
En waarom moet by duur persele onthaal word, daar is goedkoper opsies. Verlaag die kostes dan kan ons makliker skoolgeld betaal.
Skoolhoofde neem asb kennis, ons kan nie almal al die kostes dra.

Jax ·

Fantasties! Ek hoop dat meer skole dit sal doen! Dit is belaglik wat deesdae spandeer word vir matriekafskeid! My vriendin se dogter se rok was baie duurder as my eie dogter se trourok – dit beide in 2018 plaasgevind! Belaglik!

Luister ·

Baie goed. Nog iets wat my dwars in die krop steek, is dat almal metgeselle moet hê. Ek het destyds baie uit gevoel, omdat ek nie saam met iemand spesifiek wou wees nie.

Saartjie ·

Ek stem, Luister, ek moes ook die hele aand met iemand opgeskeep sit wat ek moes nooi net om die vrede te bewaar. Gelukkig is dit by baie skole nie meer die norm nie en is dit jou eie keuse of jy iemand bring of nie.

Saartjie ·

Omtrent 15 jaar gelede reeds het my skoonsuster op ‘n pragtige Bolandse dorpie voorgestel dat die skool ‘n gesellige afskeid vir die matrieks reël waar die drag ‘smart casual’ is, waar die saal nie opgetof word nie, en waar die fokus op die afskeid is. Die ander matriekma’s het die horries gekry, want dis mos nou hulle beurt om te wys wat gedoen kan word!

fg ·

Dit is `n puik idee. Ek het werkers wat hul hele salaris moes spandeer op klere en die huur van n motor vir `n broer of familielid se matriek afskeid. En dan moes ek, as werkgewer, nog geld aan die werker leen vir kos vir die res van die maand. My dogter het na haar “grand” afskeid gesê – wat n klug en geld mors. Alle skole kan die voorbeeld volg.

Carel Breytenbach ·

Die gedagte is so oud soos die berge. My matriekafskeid in1964 was al in die skool se seniordrag gewees, met ‘n ete. Toesprake na die ete en pa moes jou stiptelik 10uur kom haal het. Môre het jy die eertse rekord eksamen vraestel geskryf.

nannie ·

Baie geluk Mnr Sedi. n Skoolhoof wat omgee vir sy kinders en gemeenskap. Vaalster en Vaalweekblad hoop jul plaas die berig op julle voorblad sodat al die Vaaldriehoek skole dit kan lees en sien.

Elvira ·

Ek stem gladnie met jou saam nie. Hierdie matriekafskeid funksies het oor die jare heen heeltemal hand-uit geruk. Dis n kompetisie tussen ouers. En jy is een van daai ouers.

Anoniem ·

Lanklaas was ek so beindruk met ‘n skoolhoof se besluit. Welgedaan!!! Wens werklik dit wil in al die skole wet word.

RHG ·

Ek hoop Mnr Sedi en sy matrieks kry al die wonderlike positiewe kommentare onder oë. Knap gedaan!

Onbekend ·

‘n Baie goeie besluit, want soos die mense vandag aangaan met matriekafskeide is asof hulle ‘n hele troue beplan. Kry profesionele fotograwe, venues waar die foto’s geneem moet word, karre wat gehuur word en nie eers te praat van die rokke nie. Dit is eintlik belaglik……en nie almal kan dit bekostig nie so dit ontaard dan in ‘n kompetisie.

Annelize ·

Eric Sedi, ek salueer jou!

Hoop ander skole neem voorbeeld uit jou besluit, want AL wat deesdae se Matriekafskeid oor gaan is oor kompetisie. Nie net tussen veral die meisies nie, maar oorgrootte meerderheid van die Mammas is so in kompetisie met mekaar, dis om van naar te word. Geen geld word ontsien aan ‘n rok, hare, naels, grimering en hoe daar by die funksie gearriveer word nie, “Keeping up with the Jones'” kan nie kers vashou nie.

Die uitspattigheid ken geen perke mee nie, en die ouers EN DIE SKOLE, vuur dit aan, en doen tog te lekker mee, want almal “sien” mos nou hierdie “grand” skool raak, en almal “sien” mos nou vir Sussie met haar R20 000 se stukkie rok, en Mamma kan mos nou lekker teen haar neus afkyk vir die ander Sussies met hulle goedkoper rokke.

As die Onderwysdepartement nou bietjie punte wil werf by die ouergemeenskap, dink ek, kan hulle kan gerus bietjie ‘n stokkie voor hierdie uitspattigheid begin steek, en ‘n besliste perk begin stel waar dit by kostes en die trant van so ‘n Matriekafskeid kom.

Ina ·

Fantasties! Dit behoort wet te wees. Alle skool funksies inkluis matriekafskeid funksies in skooldrag. Dis hoe dit hoort.

Wilma ·

Mnr Sedi. Fantastiese gedagte. En baie baie dankie aan die leerders wie tevrede was daarmee en nie die skool afgebrand het ni. Julle is tops beslis

Louise ·

Wel gedaan Mnr. Sedi. Ek saluut jou! Hoop jy kry n bonus vir hierdie idee van jou.
Ouers bestee duisende rande vir klere en karre en die kinders is skaars 2 ure by die matriekafskeid dan is dit vervelig vir hulle, trek die duur klere uit en gaan kuier verder in alledaagse klere. Kar, rok en pak klere ten duurste skoon vergete!

Magaretha van heerden ·

Voorwaar n hoof wat omgee vir die wat nie so baie het nie. Hy moet sommer bevordering kry en rondgaan by alle skole om te vertel van hoe mens dit doen. Daar is genoeg ander geleenthede wat die wat dan geld het om te mors, kan optof. Vat vyf!

DeVill ·

Is daar regtig nog tyd en geld vir partytjies?

Ons land is in sy maai maar ons skole en munispaliteite hou partyjie.

Kom ons ruk eers Suid-Afrika reg, kry ons onderwysstelsel weer op die been, kry disipline terug in die skool en DAN, as dit suksesvol is, kan ons weer partytjies hou!!

Santie ·

Beste voorstel! Matriekafskeid het totaal en al hande uitgeruk. Leerlinge kompeteer ondermekaar en ook onder verskillende skole omdat hul mekaar se afskeid bywoon as metgesel. Matriekafskeid is vir die skool se leerlinge, dus gaan skooldrag dit ook uitskakel.

Meraai ·

Ek stem heelhartig met jou saam en dink daar moet beslis nasionaal ‘n besluit daaroor geneem word. Matriekafskeid het heeltemal hand uitgeruk.

Ons moes R1300 betaal vir my seun en sy metgesel net vir die venue en die ete. Alhoewel die kos lekker was, sou R250 per persoon steeds die ding kon doen. Ons het dit maar skraps maar ons het maar die geldtjies bymekaar geskraap. My seun en sy metgesel was tevrede om met geleende klere die geleentheid by te woon.

Dan is daar nog verskuilde kostes soos foto’s (R80) per persoon en hulle moet hulle eie drinkgoed (ook water) gekoop het. Dis belaglik!

My voorstel is staak alle venues vir matriekafskeid. Dit kan in die skole se sale gehou word en graad 11 ouers en kinders (of kerkgroepe) en mense in die gemeenskap hul dienste kan aanbied om te help met die voorbereiding van die saal en ete.

Staak ook die belaglike idee van motors wat die kinders moet aflaai, dis nie net totaal onbekostigbaar nie, maar veroorskaak ongelooflike verkeersopeenhopings.

Moedig kinders aan om liewer ‘n rok of pak te leen of so te koop dat hulle die klere weer in die toekoms kan aanwend.

Meisies hoef nie hulle naels te laat doen nie, dis totaal onnodige uitgawes.

Haarkappers is ook skuldig daaraan om buitensporige kostes te hef wanneer hulle die woord matriekafskeid hoor.

Sylvia ·

Gee vir die skoolhoof ‘n goue medalje, uiteindelik was iemand bereid om “ydele ouers en kinders” in die bek te ruk.

Elsa ·

Dis ‘n wonderlike idee en hierdie skoolhoof verdien my bewondering. Ek kry al vir jare die arm kinders en hul ouers jammer en hierdie idee maak dit moontlik vir alle leerders om die afskeid by te woon. Vir my part kan dit sommer by ALLE skole in die toekoms toegepas word.

Charlene ·

Welgedaan. Dis nie uiterlike wat saak maak nie maar wel die innerlike. Matriekafskeid Glamour is geld mors. Ander skolle kan gerus dit ook so doen.

Christo ·

Nou kon die ‘arm’ kinders ook matriek afskeid bywoon. Die geld wat gespaar is kan gebruik word deur die ouers om hulle ‘n hupstoot te gee vir hulle eerste volwasse tree.

Nettie ·

Whoa! Whoa! Whoa!

Iets maak nie lekker sin hier nie. Die ouers van sommige leerders kan nie ‘n rok, pak klere of motor bekostig vir hul matriekkind se afskeid nie maar ……… nou gaan hulle die geld wat hulle op dié manier ‘gespaar’ het, aanwend om aansoek te doen vir volgende jaar se kollege- of universiteitsaansoeke/studies ………..

Sjoe, ek het nie geweet dit is só goedkoop om te gaan ‘swot’ nie! R10K of R20K vir kollege- of universiteitstudie ……

Santie ·

Welgedaan Mnr skoolhoof. Behalwe duur aandklere wat meeste van die tyd net een keer gedra word voor dit agter in die kas gehang word, is die metgesel ook nonsens. Maak dit ‘n eenvoudige aand met lekker kos en ‘n mooi saal – soos hierdie wat ons pas van gelees het, en laat ouers hulle kinders in skoolklere vergesel. Dit is die ouers wat dwarsdeur die kinders se skoolloopbaan by hulle gestaan het. Hierdie hele tradisie wat so heeltemal handuit geruk het, moet verander. Ouers word afgepers om aan die kinders se standaarde vir die aand te voldoen.

E.K. die eerste ·

Kom ek wed julle party skole sal nou sê hulle wil dit ook doen maar die ouers moet stem en dan sal die liewe mammas nee stem want hul wil mos nou kan afwys. So dit sal nie gebeur al sien ek tot sover 104 kommentae hier en maar net ‘n paar dink NIE dis ‘n goeie idee nie.

Jean ·

Matriekafskeide het in ‘n sub-kultuur ontaard. Te veel kinders se ryk mamma’s sit heeldag in coffee shops en beplan hierdié oordadighede. Pappa sal maar hoes, want dit het mos spogwaarde in “die kringe” waar hul beweeg. Mnr. Skoolhoof, jy is ‘n ster! Ek is seker jou leerlinge het ook terselfdertyd ‘n les in nederigheid en broederskap ontvang. Mag hul ‘n voorbeeld weer vir vele prima donnas.

Bossie ·

Ek stem saam dat dit handuit ruk. Maar, soos Mamma hierbo genoem het, is ek bly my dogter kon mooi lyk, mooi voel, en dat ons pragtige fotos van haar het. Wie sê dat ons haar troue gaan kan beleef? Wie sê dat ons instaat sal wees om vir haar n troue te kan hou? Ek voel bly ekt die voorreg gehad om dit vir haar lekker te kon maak. Haar rok was gehuur, haar hare, naels en grimering deur n vriendin wat hierdie dinge swot gedoen. Dus geen reuse uitgawes nie.

Carina ·

Uitstekende idee. Die bedrae geld wat party ouers op die dag spandeer, slaan my asem weg. Dis so onnodig, en dit skep ‘n probleem vir die kinders wat dit nie kan bekostig nie.
Welgedaan Mnr, ek wens alle skole wil dit doen. Die kinders kan nog steeds mooi lyk met grimering vir die meisies en die seuns kan dalk die baadjies los en ‘n strikdas by die skool hemp dra. Dan voel dit darem nie so erg na skool nie :)

DC ·

Briljante plan!
Die matriekafskeid het heeltemal hand uit geruk!
Tyd om te besin waaroor dit nou eintlik gaan?

Zelda ·

Die laerskole (graad 7) in die Paarl hou ook deesdae ‘matriekafskeid’. Graad 12, dan moet ma weer n rok laat maak. Dis belaglik!!

Absurd ·

@Zelda : naar maar waar. Hier by onse dorpie het dieselfde nonsens kop uitgesteek onder die spesifieke snob skole se graad 7’s. Peperduur ontwerper rokke, hare, grimering, naels en natuurlik troue-agtige fotosessies by eksotiese venues. Daarna word hulle soos royalty aangery na die betrokke laerskool in baie spoggerige karre. Ek slaan my oë op na die berge…

Estelle ·

Wat ‘n ongelooflike idee. Ons lewe vandag in ‘n Kardashian georienteerde wereld en al die duisende rande wat op matriekafskeid rokke en pakke spandeer word raak net meer en meer belaglik. Die hele punt van die afskeid het erens in ons “ek moet beter lyk as die Smiths” verlore gegaan. In my hart hoop ek dat hierdie idee aanklank vind by meer en meer skole oor ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.