Outistiese seun se liggaam gevind

Smangaliso (Smanga) Madula (Foto: Verskaf)

’n 11-jarige outistiese seun, wat Dinsdagoggend uit ’n versorgingstehuis naby Stanger in KwaZulu-Natal verdwyn het, se liggaam is Woensdag gevind.

Dylan Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het aan Maroela Media bevestig die seun, Smangaliso (Smanga) Madula, se liggaam is in ʼn swembad op dieselfde perseel as die tehuis gevind.

“Dit is ʼn swembad wat nie meer in gebruik is nie en daar is slegs ongeveer een meter water in die swembad,” het Meyrick verduidelik. Dit is reënwater wat die swembad oor die jare heen gevul het.

“Lede van die honde-eenheid het gister die swembad deursoek en ander beamptes het ook die swembad se bodem deursoek. Ons is positief dat daar nie gister ʼn liggaam in die swembad was nie.”

Hy wou nie spekuleer oor die oorsaak van die seun se afsterwe nie. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word. Speurders van die kinderbeskermingseenheid stel verder ondersoek in.”

Smanga was ’n inwoner van die Inqolobane-tehuis vir liggaamlik en verstandelik gestremde kinders in New Gelderland. Hy is Dinsdagoggend omstreeks 11:30 vir die laaste keer gesien.

Maroela Media het vroeër berig ’n soekgeselskap het vanaf Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 na hom gesoek nadat personeel van die tehuis hom teen die middag se kant nêrens kon opspoor nie. Daar is dwarsdeur die nag na hom gesoek en die soektog het vanoggend hervat.

Die soektog is bemoeilik deur aanhoudende reën en het veroorsaak dat die soekgeselskap nie ’n helikopter en mikrovliegtuig wat tot hul beskikking is, kon inspan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trane ·

Dit skreeu ten hemele. So so hartseer. Jy is nou veilig in Jesus se arms liewe kind, waar jy liefde sal kry tot in ewigheid :'(((

Koos de Meyer. ·

Iets klink verdag in daardie situasie. Hulle wou nie spekuleer oor die oorsaak van die dood nie. Vuilspel wie Weet.?

Vergete ·

Laat my terugdink aan bure se 2 kinders wat 14jr gelede ook so verdrink het – dis net te hartseer en onnodig..

Santjie ·

Gooi asseblief nou die swembad toe aangesien dit nou al vir jare net reënwater opvang.

NADS ·

Dis nou slegte nuus. My nig se kind het in die hond se bak water verdrink, dit maak nie saak hoe min water daar is nie enige iets kan gebeur. GOOI DIE SWEMBAD TOE.

Vonnie ·

as ‘n ouer van ‘n 12jarige outistiese seun, breek my hart vir die kind. mag hy in vrede rus

Johanna ·

Dit is so verskriklik harteer. Rus sag by Jesus. Hoekom is die swembad nie al jare gelede toegegooi nie. Gooi toe. Plant blomme daar ter herinnering aan hierdie kind. Tragies, tragies. Dat so iets gebeur by die inrigting juis waar hierdie kind veilig moes wees.

Lee ·

Ai dis tragies. Ek het so gehoop hulle kry hom lewendig. Daai tipe kinders is baie spesiaal en vra maar net liefde en aandag. Baie snaaks dat hy in swembad opgeeindig het. Maak nie sin nie. Die Polisie moet asb nie die ondersoek ook opneek nie en kry die person wat verantwoordelik is daarvoor. Rus Sag Smangaliso xx

Marius ·

Die koppe moet rol ‘n swembad bly ‘n swembad of hy nou gebruik word of nie hy het altyd water in hoekom was daar nie ‘n net op of heining om dit is wet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.