Hykie Berg en sy vrou se paaie skei

Hykie Berg (Foto: Hykie Berg, Facebook)

Die akteur en motiveringspreker Hykie Berg het Dinsdag op sy Facebook-blad aangekondig dat hy en sy vrou, Melissa, se paaie geskei het.

Berg, wat te sien is as dr. Conrad Bester in die kykNET-sepie Binnelanders, het op Facebook geskryf dit is tyd om die nuus met sy aanhangers en vriende te deel.

“Ek en Melissa het lank besluit om dit stil te hou juis omdat dit privaat is. Tog is dit net reg dat dit direk van my kant af kom en die tyd het aangebreek om dit met julle te deel,” het die akteur geskryf.

“Van julle gaan geskok wees, ander sal tien teen een glad nie eens omgee nie, daar sal ʼn paar wees wat werklik meegevoel het en sommiges gaan ons kruisig. Hoe dit ook al sy, daar is gerugte dat my en Melissa se paaie geskei het … dit is waar.”

Volgens die inskrywing het die egpaar se paaie ʼn paar maande gelede reeds geskei. “Die redes is nie van belang nie, ons sal ook glad nie in diepte met die pers hieroor gesels nie. Ons al twee is deur ʼn moeilike tyd en diep waters en ons respekteer mekaar se privaatheid.

“Ons sal wel almal se gebede innig waardeer. Dankie vir al my vriende, fans en familie, vir jul bystand, jul liefde en al jul gebede. Ek is ontsaglik lief vir julle,” het hy bygevoeg.

Berg se boek, My storie van hoop, het verlede jaar die lig gesien. “Vandag gaan dit uitstekend met my. Ek is nou vyf jaar getroud met Melissa. Sy is ʼn wonderlike vrou en sy verstaan met wie sy getrou het. Ek het vrede vandag, en rustigheid,” het hy destyds aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannelie ·

Dis slegte nuus. Baie sterkte, ons is nie hier om te oordeel. Jy bly darem ‘n uitstekende akteur van formaat.

Isabel Du Plessis ·

Sterkte vir jul altwee alles van die beste voorentoe

Sonja ·

Ons is almal mense en dit is nie vir ons om te oordeel.
Sterkte vir jul al2.

Susan van der Schyff ·

Hykie laat die een wat wil klippe gooi..na hul eie lewe kyk…dit is n persoonlike saak..jy is en was nog altyd iemand na wie ek op gekyk het. ..lug jou hoof en stap voorentoe..ons trots op jou ..lovies

Genieve ·

As julle besluit het dis die regte ding om te doen wie is die een wat klipgooi om te oordeel bou voort aan jou toekoms en ons like jou Binnelanders uitstekende akteur.

Sons ·

Niemand het die reg om te oordeel of vinger te wys nie, Als van die beste vir julle.

Z ·

Komplimente aan julle, oor hoe die saak hanteer word. Geen swartsmeerdery en kwaadpraat. Steeds respek, al het dinge verander.
Sterkte!

TLC ·

My dierbaarste Dr Conrad
Al wo
Il ek jou partykeer verwurg op Binneland is dit nie my plek om jou privaat te oordeel nie
Daai is n koffer wat jy maar alleen moet dra
Maar wragtag as jy perongeluk eendag in die hospitaal gange val
Weet maar dit is ek wat jou gestoot het
En bo als
Ek lief jou ?

Hercules ·

sterkte my vriend – trane in my oë, maar jy bly kosbaar vir my – ek bid vir jou / julle – Rom 8:28

Kragaap ·

Wat ‘n ongelooflike klomp snert skryf die mense op die artikel se kommentaar. Niemand is dood nie dis net ‘n akteur wat skei. Dis niks, – ‘n mikrodrama. More sal die son weer skyn.

Leva ·

Ek het jou boek gelees en besef hoe swaar dit vir jou moet wees. Ons is almal lief vir jou. Jy is ‘n goeie mens en uitstekende akteur.

Blommetjie ·

Jammer oor die moeilike tyd in sy lewe. Het ook sy boek gelees en vanaf die inhoud van die boek gedink als gaan goed en nou skielik die skeiding iets wat nie reg hykie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.