Video: SAID-hoof self onseker oor IT-stelsel

Skermgreep uit die video

ʼn SAUK-televisieonderhoud met Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, digitale hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, word wyd op sosiale media versprei en Makhekhe-Mokhuane se bekwaamheid word bevraagteken.

Die SAUK het die onderhoud met haar gevoer in die lig van SAID-beampte Andre Rabie se waarskuwing dat die eFiling-stelsel binne die volgende twee jaar in duie sal stort tensy dringende maatreëls ingestel word om Barry Hore, wat aan die hoof was van die IT-stelsel genaamd “Modernisation”, te herroep.

Rabie het Dinsdag voor regter Robert Nugent se kommissie van ondersoek oor bestuur- en administratiewe kwessies by die SAID getuig. Na bewering sal dit ongeveer R1 miljard kos om die SAID se IT-infrastruktuur op te knap ná die moderniseringsprogram in 2014 skielik opgeskort is toe geskorste kommissaris Tom Moyane aan die stuur was.

Makhekhe-Mokhuane het haarself telkens herhaal in die onderhoud van ongeveer 14 minute en hou vol sy kan nie enige antwoorde gee nie, omdat sy eers in 2017 by die SAID aangestel is.

Die SAID het egter intussen berigte, dat die eFiling-stelsel op die randjie van ineenstorting is, ontken.

Volgens haar profiel op die SAID se webwerf het Makhekhe-Mokhuane “verskeie diplomas in inligtingstegnologie van ʼn aantal instansies” verwerf en sy het ook ʼn MBA van die Noordwes-Universiteit. “Sy het haar loopbaan as ʼn rekenaarspesialis in 1992 begin.” Makhekhe-Mokhuane het reeds by die departemente van finansies, vervoer, kommunikasie en water en sanitasie gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Griet ·

Dis ni net SARS ni. Dis oral. Selfs in privaatsektor. En wat die ergste is, Kom in alle kleure/geure voor.

Thinus Erasmus ·

‘n Ongelooflike goeie stukkie vermaak, ek sien al SARS volgende jaar terug op pen en papier met sulke spesiale “spesialiste” WOW!

Johann ·

Nee kyk… sprekend van die “standaarde” van bekwaamheid!!!!! SOTLIK onbevoegd!!!!!!!

tamboti ·

Nie elke sirkus is ‘n goeie een nie ne’!
Alle sterkte vir SAID, maar as hul dit nie maak nie, mag hul lekker hard val.

Hansie Slim ·

Eeeee… Iesh…. And so on and so forth….
Uitstekende onderhoud !!
SAID, julle het probleme met sulke deskundiges aanboord.

Johann ·

Ekt weer gaan luister… WHAHAHHAAHAHAHHAAAAWHAHWHAHWHAAAAAA!!!!!! So sotlik snaaks as wat die anti is, SO ontstellend is die feit dat dit juis NIE snaaks is nie!!!!!!!! ON BE FFFFFFFFOEGD!!!!!!

Stan ·

En so verdien die IT guru R3miljoen per jaar vir die strooi?!!! Asb help my!!!! Dis maar net weereens n bewys dat die boetie-boetie aanstellings nie werk nie!!! Persoonlik dink ek die BEE moet maar afgeskaf word, veral op die hoogste vlakke van instansies!!

Johan H. ·

Dis hoog verraad teen die mense van sa. Dan is daar van hulle wat dink sy is die slim een. Ek is eintlik naar!!!!!

Konsultant ·

Dan het mense my nou die dag erg kwalik geneem toe ek so blik gegee het op hoe dit gaan by die instellings ?

Malinda ·

Chief officer……….
Rerig? What can she comment on other than do e filling??????
Rerig
Eers se sy niks en dan adobe voor en agter en as n sinvolle vraag gevra word kan sy nie comment. Aarde bewaar ons dat ons geld ontvang sal word. Hierdie is regtig net nog n sirkus sonder n einde!

Landi ·

Sy moet eerder “gefile” word. Ek kry skoon lekker namens die vorigge ouens wat in die pos was, wat deur Tom Moyane die trekpas gegee was deur false aantuigings. Wou mos nie die Zuma-Gupta speletjie vermaak nie…

Hannah ·

Totally incompetent. Lack of understanding basic questions, let alone answer them. Ooo ê ê!

Johann du Toit ·

Skokkend! Die dame het nie die vaagste benul wat in haar afdeling aangaan nie. Sy word betaal vir haar spesialiskennis en bestuursvermoë. Na hierdie onderhoud kan ‘n mens nie anders as om haar kwalifikasies en werkrekord te bevraagteken nie.

Liendempers ·

Eêê centralising and decentralising and so on and so forth. I repeat that I joined SARS in 2017 and so on and so forth. And SARS should have buzaries for black children???? WTF??? Dit het geen betrekking op die vraag gehad nie? So on and so forth, please protect me from myself…….eintlik moet ons nie eers meer geskok wees om hierdie klas van onnoselheid meer te sien nie, maar tog is ons and so on and so forth.

Tokkolos ·

Nog net 2 jaar en 4 maande vir n baie bekomerde werknemer
Ek volgende maand 30 jaar
Maar ek weet nie wat die toekoms inhou nie en of daar nog pension oor gaan wees nie?
Klomp idiots

Mission Impossible ·

Die oë soek, soek so na bo vir ‘n antwoord, maar alles tevergeefs. . .

tamboti ·

Dis baie onregverdig om sulke vrae buite haar “loopbaan bestek” by SAID te stel, vra haar eerder hoe en waar sy haar SALARIS spandeer, en jul kan ‘n baie beter antwoord kry.
As dit as te persoonlik is, hou by; wat is haar gunsteling klere boetiek, watter motor sy ry, waar is haar salon en gunsteling restaurant, en sulke belangrike staat sake.

Waarheid ·

E e e aikona ek verstaan nie darie deng nie
Net hier vir die pay.

Rita ·

Goeie genugtig! Dit klink of sy te woord gestaan is net nadat sy na n groot dosis narkose wakker geword het want soveel van onsin uitgorrel het ek lanklaas aan gehoor. Die ligte is aan maar daar is beslis niemand tuis nie. Die vacant uitdrukking in die oë bevestig dit. Is sy op een of ander kalmeermiddel????

Anoniem ·

Dis skoon seer om na hierdie vrou te incompetence te luister. Wonder of sy weet wat is die verskil tussen “bo” en “onder”. Haar maandelikse salaris is diefstal – sy doen niks om daai klomp geld te verdien nie.

Verifiëer sommer ook asb haar kwalifikasies…

Geen wonder die land is in so ‘n gemors met sulke kaders aan die stuur van sake nie. Red SA deur affirmative action af te stel en bekwame mense aan te stel. Dis nie rocket science nie!!!

jean ·

En so raak ons bollie kwyt waarvan ons in elk geval niks weet….oggend tot die aand, elke dag, jaar in en jaar uit……geen wonder ons land is waar hy is vandag……..

humor ·

Sy kan haar gelyke he, maar ek glo nie sy word maklik oortef nie.

Lido Pellencin ·

Pietman, dit is deesdae moontlik, maar dit is nie ‘n 3-jaar kursus soos van ouds nie. Dit is blykbaar ‘n 1-jaar kursus wat spesialiseer in een of ander rigting. Daar is ook nie voorvereistes soos ‘n B-graad nie.

What a joke! ·

Aaaa eeee mem what can you respond too??? And i like to repeat that i joyned eeeeeee SARS in 2017 eeeeee i cant answer anything mem….
Eeee mem give me protection from your barrage of questions that shows i have no clue what im talking about …eeeeee

Ja laat sak maar nog die skool slaagsyfer en sit maar nog onbekwame narre soos die in sleutel posisies sodat hul n vet bedrag elke maand kan ontvang en die sisteem die grond toe indryf….
Mense wonder hoekom Suid Afrika rommelstatus bereik het in net so duskant 24 jaar….. Viva BEE viva Affirmative action viva Black empowerment…..mooi man!
Eish baba eish wat n sirkus….

Wilma Redelinghuys ·

Willemien: NEE JOHAN DU TOIT, jy kan dit nie ‘n dame noem nie!!!!! Hahahaha!

Hanna Hoekom ·

Sonder om die gesprek te luister… daardie gesigsuitdrukking spreek sommer boekdele! BEE op sy beste. Laat my dink aan daardie wyn-gesig minister wat Sassa beheer het.

Kragaap ·

Nee die hemel weet is haar ik < 50 of is sy op iets ? En die mense bestuur die land ? Sal sy 'n besem in die reg te rigting kan druk ?

Jack Sadie ·

Mense, hoe het daardie vrou haar pos gekry!? Ek het ook die geskrewe weergawe van haar woorde gelees en dit verskriklik geniet. Die persoon wat dit getik het met ‘n outomatiese sleutelbord het ook drooggemaak. Daarom ook, hoe het daardie persoon sy joppie gekry? BEE geld ook Best English Effort!? Hou op hoop vir ons land,dis nag.

Sus ·

Lekker man, lekker. Wie gaan nou tax betaal en wie nie?? En hoe gaan hulle bepaal. Ek dink, sorg dat jy SARS skuld en nie anders om nie want die kans is goed dat jy nooit jou geld gaan sien nie!

Kabous ·

Eish, dit was pynlik om te volg… Ek het na ʼn paar minute maar ophou kyk. Om te dink sy verdien ʼn salaris noord van R1Mil per jaar. Maar ja, so gaan dit bykans oral in Sêf-Êfrika. My vraag is net hoe bou jy ʼn nasie met mense soos die?

What a joke! ·

Liewe vader die anti eeee is clueless Wooo weeee goeie goeieste genade…Haar idiotiese onbevoegde gebabbel en hoe die dame wat haar ondervra haar uitmekaar trek met eenvoudige vrae maak my sommer skaam kry!…Maar dit wys wat gebeur as jy mense in posies sit wat nie n idee het nie…hul maak n bespotting van hulself en ondermyn die land en sy mense…
Mense jul wonder hoekom die RSA in so rommelstatus toestand is dan kyk jy na onderhoude soos die wie aan stuur van sake en daar le jou antwoord…..Gee my hoop Joanna…

Regtig! ·

Kry niemand van julle die indruk dat haar antwoorde vir haar gevoer is nie? Dit klink dan so baie soos Pres Zuma se onvermoe om syfers uit te spreek!

RN ·

Hulle kan daai pos eerder vir die tv aanbieder gee. Sy sal ‘n beter job doen.

Pippie Langkous ·

Sy het sowaar gedink die joernalis probeer haar vasvrae…En sulke mense moet in beheer van so belangrike departement wees. Behoede my!!!

pinkie ·

Vir die wat nie weet nie, sy het by SARS aangesluit in 2017. Sy het dit seker 2 017 keer al gesê. Pynlike video.

ISCH ·

Ek doen e-filing elke dag – hereregte. Vanoggend skielik se die stelsel die koper en verkoper se inkomstebelasting nommers is verkeerd,”validation failure” kry bewyse van kopers en verkopers – belastingnommers is perfek. Laai bewyse op – kom ons sien nou maar wat gebeur. Ek sien hoe staan ons weer in rye by al die SARS kantore om hereregte uitklarings te kry. Smaak my die stelsel en die tannie aard vanoggend baie na mekaar.

Krummel ·

Ek slaan my oe op na die berge, waarvandaan sal my hulp kom? Liewe hemel behoede ons. Daar is nog so ‘n swaap, ons minister van vrouesake Dlhamini Zuma. Raak ontslae van hulle en vervang hulle, weet nie net nie waarmee nie?

Hendrik ·

Ontwikkeling van ‘n parallele staat is baie belangrik want ek glo nie hierdie AA stategie sal nooit stop nie in die huidige bedeling.

Mandjie ·

Dit het mens nou van verkeerde aanstellings wat sogenaamd regstellende aksie is maar intussen niks regstel nie en slegs afbreek. En daar blyk geen einde te wees aan die aanstellings nie, totdat al ons sisteme in duie stort … Dat ons nog enigsins funksioneer in hierdie land is ‘n wonderwerk …

Marlene Bothma ·

Mmamathe Makhekhe-Mokhiane genade net die naam en van is n bekvol…Trevor Noah jy het beslis kompetisie…

IT Spesialis ·

adobe is n pdf viewer adobe flash help videos en audios speel HTML 5 se beskrywing is soos volg
“Hypertext Markup Language, a standardized system for tagging text files to achieve font, colour, graphic, and hyperlink effects on World Wide Web pages.”

sy het nie n idee waar van sy praat nie…

JoeV ·

Behalwe dat die persoon ons belasting geld verdien as ‘n selaris, is sy ook in beheer van hoe dit spandeer word.
Ons hoop maar sy was onder die invloed van iets tydnes die onderhoud… dit was darem na ure!

ES ·

“Ma’am, can you give me protection from yourself?” – beste kommentaar ooit!

jakes ·

Sy is een van derduisende op haar vlak wat in senior posisies dien. Nou verstaan ons hoekom SA geword het wat hy is. Ek skaam my.

Marie Visser ·

Stem saam ZET. Wonder wie’t haar in die pos aangestel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.