Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. – Lees Spreuke 4:23
Maak jou gedagtes vol van God se Woord!
Dink bietjie mooi: As ‘n rekenaar virus jou rekenaar wil kaap, hoe doen hy dit? Hy saai verwarring in die beheersentrum daarvan.
As jy iemand se lewe wil opvoeter of beheer, begin by sy beheersentrum!
Dink mooi na oor jou gedagtes. Dis is jou beheersentrum wat baie kwesbaar is. Versoeking begin deur jou aandag te trek. Wat jou aandag trek, wek jou emosies op. Jou emosies sit jou gedrag aan die gang en jy tree dan daarvolgens op. Hoe meer jy vir jouself se “ek wil dit nie doen nie”, hoe dieper trek dit jou in.