Gedagte vir die dag: Twyfel kan jou geloof laat groei

gebed-bybel-vrou-landerye-stiltetyd

Foto: Allen Taylor/Unsplash.com

Toe ek sê: “My voet gly!” het u trou my ondersteun, HERE. Wanneer twyfel my oorweldig, het u troos my verbly. (Psalm 94:18-19)

Feitlik elke Bybelse held het geworstel met twyfel oor God en sy vermoë of begeerte om te help. God gee nie om wanneer jy twyfel nie solank jy aanhou om Hom te midde daarvan te soek. Twyfel kan sonde word as dit jou weglei van God in die rigting van skeptisisme, sinisme en hardvogtigheid.

Maar God belowe dat twyfel ’n seën kan wees as jou opregte soeke jou lei na ’n beter begrip van God en ’n dieper geloof in Hom. Wanneer ander jou hoop in God raaksien selfs wanneer jy worstel met twyfel, sal dit hulle inspireer om jou voorbeeld te volg en aan hulle geloof vas te hou ongeag hulle omstandighede.

Wanneer jy agterkom dat jy in God begin twyfel, beweeg jy nader aan Hom of verder weg?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.