Video: God hoor ons

benescke-janse-van-rensburg

Benescke Janse van Rensburg is ʼn skrywer, spreker en radio-omroeper. (Argieffoto)

Voel dit miskien na chaos rondom jou vandag? Wonder jy ook soms of God jou enigsins te midde van die chaos raaksien, of hoor?

Benescke Janse van Rensburg, ʼn skrywer wat graag skryf oor stories van hoop, wil jou in haar boodskap op hierdie Goeie Vrydag herinner dat God sowat 2 000 jaar gelede besluit het dat Hy ons só lief het dat Hy ons sy enigste Seun gegee het. Hy het dit gedoen sodat ons nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan beërwe, en sodat ons ʼn verhouding met Hom kan hê.

“God kom wys ons vandag nog in die alledaagse van ons lewe dat Hy in die fynste besonderhede daarvan betrokke is.

“In hierdie Paastyd wil ek jou sommer net weer aanmoedig om stil te word en doelbewus te kyk waarmee God rondom jou besig is. As dit rondom jou na chaos voel, mag jy weet dat Hy in hierdie chaos steeds sy enigste Seun net vir jou sou gestuur het.”

Luister na Benescke se volledige boodskap vir Paasfees hier:

  • Benescke Janse van Rensburg is ʼn skrywer, spreker en radio-omroeper. Haar jongste boek, God is stééds God, is nou beskikbaar in haar aanlyn winkel, benescke.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.