Gedagte vir die dag: Volg God se planne

water-brug-boot-stiltetyd-stocksnap.jpg

Foto: StockSnap/pixabay.com

Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. (Psalm 138:8)

Beplanning wys dat jy gretig is om jou tyd sinvol te gebruik en maak jou ’n goeie rentmeester van die hulpbronne wat God vir jou gegee het.

Maak daarom planne – maar moenie hulle te styf vashou nie. Weet dat God van tyd tot tyd vir jou nuwe instruksies sal gee, en jy moet gereed en gewillig wees om jou planne aan te pas wanneer dit gebeur. Jy behoort altyd God se planne vir jou te volg.

Is jy bereid om jou eie planne aan te pas indien God dit van jou vra?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.