As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe. (Matteus 10:39)
Almal is op soek na die ware sin van die lewe. Ons dink dit lê opgesluit in liefde en romanse. Kinders en ’n gesin. ’n Loopbaan en geld. Huise, karre en die nuutste tegnologie. Skoonheid en krag. Gewildheid en aandag. Reis en opwinding. Hoe harder en langer ons soek, hoe minder kan ons dit kry.
Jesus is die weg en die waarheid en die lewe waarna julle op soek is. (Johannes 14:6) Die lewe wat Hy gee, is oorvloedig, vry en ewigdurend. As julle in Hom glo, sterf julle aan julleself. Julle gee julle eie sonde, selfsugtige begeertes en trots prys om net vir Hom alleen te lewe. Julle word saam met Christus gekruisig en julle lewe nie meer nie, maar Christus lewe in julle. Die lewe wat julle nou op aarde leef, leef julle deur die geloof in Jesus, wat sy liefde vir julle bewys het deur in julle plek te sterf. (Galasiërs 2:20)
Julle het ’n keuse: om so te lewe dat julle julleself behaag, of om alles vir Jesus op te offer. Julle kan op julleself staatmaak of op Hom vertrou vir alles. Julle kan julle eie rigting inslaan of op sy Woord vertrou. Julle kan agter rykdom en gemak aanhardloop, of in sy Naam dien en gee. Gee alles prys en glo – en vind vandag lewe in Jesus.
Here, help ons om ons lewe vir ewig in U te vind. Amen.
Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy