Gedagte vir die dag: Wyse besluite

Bybel_lees_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad. (Psalm 119:24)

Om die Bybel te ken en sy wysheid jou eie te maak, sal jou meer opsies gee in jou besluitneming en aan jou onderskeidingsvermoë gee om die beste keuses te maak. ’n Goeie besluit is een wat in ooreenstemming is met die beginsels in God se Woord.

Indien slegs een van die twee opsies waaroor jy moet besluit God tevrede sal stel, is daardie een die regte een. Indien daar verskeie opsies is wat almal strook met die Woord, is die proses om God te vertrou om die beste te maak van die pad wat jy kies, waarskynlik belangriker as die keuse self.

Hoe kan jy die Bybel gebruik om jou te help in die besluite wat jy op die oomblik moet neem?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.