ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.
Die video van dié jong musikant se kitaar-manewales is aanvanklik in 2013 opgelaai toe Jacobsz nog ʼn leerder van die Hoërskool Pretoria-Noord was, maar is vandeesweek weer in die media nadat die video weer op Facebook opgeduik het.
Die musikant is besonder begaafd met dié instrument, maar die video is veral ook gekyk omdat hy die kitaar as trom inspan. Die geluid uit dié instrument klink dan presies soos wanneer jy op tromme sou slaan.
Jacobsz het intussen sy debuut-album, Die perfekte een, op iTunes vrygestel.
Luister ook na Jacobsz se musiek op Soundcloud.
Die video is al meer as een miljoen keer gekyk.
Wow!!!!!!
Wow!!!!!
Was jy naby het ek my kastanjette, Spaanse romp en skoene uitgeruk! Ek voorspel GROOOOOOT sukses vir jou na vorentoe in die musiekbedryf!
Jongman jy is werklik begaaft. Bou aan ‘n blink toekoms. Jou pad lê oop.
Wow! Ongelooflik! Dankie Jesus!
Magtig jong man dit was nou iets ongeloofliks. Wonder net hoe mens jou hier in Amerika kan help?
Boeta jy hoort op die internasionale verhoog!!!
Wow! Oefen dat jy internasionaal kan gaan!
Wow, dit is great. Jy moet groot gaan. Go for GOLD.
Ek kan ook net sê ‘WOW” en weer “WOW”. Jy’s ongelooflik talentvol, Christiaan.
briljant!
Weet CH2 van die jongman?
Soos August Rush! Skitterend!!
Dis goed, maar dis ook nou nie om tekere te gaan sool julle doen nie