Is jy dalk Virseker se volgende wenner?

Wat het Floors Bronkhorst, Christian Ehlers, René Snyman, Pauline Schoombie, Heinrich Muller en Ananda Wessels gemeen? Hulle is natuurlik Afrikaanssprekend, maar ook almal wenners van Virseker se opwindende kompetisies die afgelope jaar of wat.

Die mees onlangse wenner, Floors Bronkhorst van Langebaan, is boonop ook ’n Virseker-polishouer. Hy het ’n spoggerige GT Camper gewen en dit was maar net die tweede kompetisie waarvoor hy in sy lewe ingeskryf het!

Ananda Wessels van Kokstad en Christian Ehlers van Roodepoort het weer in die onderskeie kompetisies waaraan hulle deelgeneem het, elk die sleutels van ’n Toyota Hilux-dubbelkajuit ontvang. Nie sleg nie nè?

’n Luukse strandvakansie is ook nie te versmaai nie en dit was René Snyman beskore toe sy die vakansie van ’n leeftyd na Zanzibar vir vier, ter waarde van R58 000, gewen het!

Talle mense het ook rede om effens jaloers te wees op Pauline Schoombie, want sy gaan nie sommer weer in die donker sit wanneer beurtkrag weer sy kop uitsteek nie! Dié inwoner van Durban was een van sowat 130 000 mense wat ingeskryf het vir Virseker se “Hou die ligte aan-kompetisie” en toe ’n sonkragstelsel gewen het.

Wie kan ook “Die grootste braai”-kompetisie vergeet? Verlede jaar het Heinrich Muller van Durban ’n kuier ter waarde van R50 000 vir hom en 20 gaste losgeslaan – en wat ’n fees was dit nie!

Ja, een ding is vir seker, as Virseker kompetisies hou, is dit altyd met pryse waarvoor jy jou oogtande sal gee.

Nou kan jy weer deelneem aan Virseker en Renault se Stof-opskopkompetisie waar jy ’n spoggerige Renault Duster 4×2 Prestige ter waarde van R348 900 kan wen!

Jy het nog kans tot 30 September om vir dié kompetisie in te skryf. Enigeen bo 18 jaar, wat binne die grense van Suid-Afrika woon, kom in aanmerking vir die prys.

Neem só deel:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.