Moedersdag-kompetisie: Hier is die wenners

Argieffoto (Foto: Bruno /Germany/Pixabay)

Sy is die een wat jou suksesse saam met jou vier: maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, sy deel in jou vreugde. Sy is die een wat jou trane afvee en jou vertroos as jou planne nie vlot nie – en sy is daar om jou aan te moedig om weer te probeer. Sy is die een wat vir jou bid en net die beste vir jou wil hê. Jou ma verdien ʼn groot bederf!

Lesers kon vir ons Moedersdag-kompetisie inskryf sodat hulle hul ma’s op 9 Mei kan bederf en seker maak dit is vir haar die lekkerste dag van die jaar!

  • Charlene Jackson wen ʼn Thule-geskenkbewys van R2 500 vir haar avontuurlustige ma. “My moeder stel haarself altyd laaste, bederf haarself nooit met iets nie – veral nie ‘n stylvolle handsak nie. Ek voel sy verdien ‘n pragtige handsak wat by haar persoonlikheid pas. Prakties, maar stylvol. Thule se styl is absoluut perfek hiervoor!” skryf Charlene.

Besoek http://www.thulestore.co.za om te sien wat Thule alles bied.

  • Marinda Venter wen ʼn Lou Harvey-geskenkbewys van R1 000 vir haar stylvolle ma. “My ma is die beste en verdien net die beste – sy verjaar boonop ook die 24ste Mei.”

Besoek http://www.louharvey.co.za om te sien wat Lou Harvey alles bied.

  • Karl-Heinz Korner wen ʼn jenewer-geskenkpak vir sy ma. “My ma is die afgelope paar maande deur ʼn rowwe tyd ná die afsterwe van haar man en ons pa. Ek sal wat gee om haar so te kan bederf na die emosionele ‘rollercoaster’!”

Die Jenewer-geskenkpak bestaan uit die volgende:

  • ʼn Bottel Ginato Italiaanse jenewer
  • ʼn Bottel Bloedlemoen-jenewer
  • Ses blikkies Fever Tree-tonikum

Geniet Moedersdag!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.