Rugbywêreldbeker: Raai die telling en wen

Suid-Afrika kom op 1 Oktober 2023 te staan teen Tonga in die Rugbywêreldbeker.

Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.

Wat kan jy wen?

Die leser wat die telling korrek raai, wen ʼn midweek (Sondag 14:00 tot Donderdag 10:00) in ʼn standaard eenheid by een van die ATKV se sewe selfsorgvakansieoorde van sy/haar keuse.

Dié oorde is ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg, ATKV-Drakensville aan die voet van die Drakensberge naby Bergville, ATKV-Eiland Spa naby Tzaneen, ATKV-Goudini Spa naby Worcester, ATKV-Hartenbos langs Mosselbaai, ATKV-Klein-Kariba naby Bela Bela en ATKV Natalia by Illovo in KwaZulu-Natal.

ATKV-Oorde landswyd

Vir meer inligting oor die oorde, klik hier en besoek gerus die webwerf atkvoorde.co.za.

Die prys sluit akkommodasie vir vier persone in. Omdat dit selfsorgoorde is, moet jy self voorsiening maak vir alle etes. Daar is wel restaurant- en winkelfasiliteite indien jy daarvan gebruik wil maak.

Inskrywings vir hierdie kompetisie sluit op 30 September 2023.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Indien meer as een leser die telling korrek raai, sal ʼn wenner lukraak uit die korrekte inskrywings getrek word.
  • Indien niemand die telling korrek raai nie, sal die persoon met die telling, naaste aan die uiteindelike telling, as wenner aangewys word.
  • Inskrywings vir hierdie kompetisie sluit op 30 September 2023 om 23:45.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media en die ATKV kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige rede nie betyds bereik nie.
  • Die wenner sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • As jy nie iets van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Die prys is nie geldig gedurende die skoolvakansie, naweke en oor langnaweke nie.
  • Die prys/akkommodasie is geldig tot 28 Februarie 2024.
  • Borgskap kan nie verleng word nie, en moet in bogemelde periode gebruik word.
  • Prys is nie oordraagbaar/verkoop- of omruilbaar nie. Pryswenner moet identifiseerbaar wees by oord.
  • Vervoerkoste na en van die oord is vir jou eie rekening.
  • Slegs raaiskote wat deur hierdie vorm op die webwerf ingevul word, kom in aanmerking vir die prys. Geen raaiskote op sosiale media word in ag geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.