Wen: Alternatiewe musiek weerklink by Mosselbaai Somerfees

Die Mosselbaai Somerfees is ʼn samekoms wat beloof om Desembervakansiegangers met ʼn onvergeetlike ervaring te laat.

Vir nege dae aaneen weerklink musiek in die son met die see in die agtergrond. Dit ongetwyfeld een van die mooiste feesterreine op die Tuinroete.

Die Mosselbaai Somerfees vind van 22 Desember tot 1 Januarie 2024 by die Van Riebeeck-stadion plaas.

Feesgangers kan hulle reg maak vir nege individuele vertonings deur die land se beste kunstenaars, asook uitmuntende produksies waar kunstenaars saam die verhoog oorneem en die gehoor op ʼn ongelooflike reis neem.

Op 28 Desember kom die land se grootste name in alternatiewe musiek byeen vir ʼn onvergeetlike konsert.

Trots Alternatief is die tweede van nege Somerfees-produksies met Jack Parow, Spoegwolf, Loufi, Biggy, Van Pletzen, Early B, Droomsindroom en Neon Dreams.

Met die grootste A-Lys alternatiewe kunstenaars, ʼn kinderpretpark (Die Wildtuin), en ʼn wyntuin kan jy verseker wees dat jy ʼn goeie tyd gaan hê.

SA Concerts, in samewerking met verskeie ander entiteite, bring nóg elemente bymekaar, soos ʼn Kersmark, kindervermaak, ʼn magdom stalletjies met heerlike kosse en ʼn wyn- en biertuin waar die atmosfeer elektries gaan wees. Die fees sluit af met ʼn Mnr. & Mej. Somerfees waar heerlike pryse op die spel is.

SA Concerts is gebaseer in Mosselbaai en is alombekend vir sy suksesvolle feeste reg oor Suid-Afrika.

“Hierdie fees is een waaroor ons bitter opgewonde is, omdat dit ʼn plaaslike projek is waar slegs plaaslike verskaffers gebruik word om Mosselbaai se ekonomie te steun,” vertel Eduard Hugo, eienaar van SA Concerts, opgewonde.

“Ek sien uit na hierdie fees wat groter en beter gaan wees. Al die nuwe elemente en die produksies gaan regtig die publiek se voete onder hul uitslaan.”

Kaartjies na die fees beloop R99 per persoon per konsert. Kaartjies is hier beskikbaar.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Trots Alternatief-konsert tydens die Mosselbaai-somerfees op 28 Desember wen.

Vul die kompetisievorm in om in te skryf. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 19 Oktober om middernag. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 19 Oktober om middernag.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die wenners is self verantwoordelik vir enige reis- en verblyfkoste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.